Hoërskool Pionier bied aan 7’s Rugby en Fast 5 Netbal
Maande se oefen het afbetaal tydens die serenade, want die leerders het weereens bewys hoe kreatief hulle is en het en gesorg vir groot vermaak van die gehoor met hulle interessante liedjies. Baie dankie aan Juffrou Gerber en Meneer Erasmus, sowel as die diensdoenende personeel wat hierdie week moontlik gemaak het.
PIONIER bied eerskomende naweek ‘n 7’s rugbytoernooi, sowel as fast 5 netbaltoernooi aan.
Daar is 21 skole wat aan die toernooi gaan deelneem: 252 rugbyspelers en 90 netbalspelers. Dit beloof om ‘n opwindende naweek, gevul met goeie sport te wees. Tye wat die toernooi sal plaasvind: 28 Augustus vanaf 3:00nm – 9:00nm (9:00nm is daar ‘n funksie vir die borges en beamptes in die losie) en weer 29 Augustus vanaf 08:00vm – 3:00nm. Die toegang is gratis.
Die skole wat te sien sal wees tydens die toernooi: Pionier; Waterkloof; Montana; Die Anker; Durban High School; Middelburg; Ladysmith; St Charles; Ferrum; Hilton College; Kearsney; Kempton Park; Delmas; Vryheid; Vryheid Landbou; Newcastle High; Volksrust; Heidelberg Volkskool; Hoogenhout; Curro en Eshowe.
Moet dit nie misloop nie!
Koshuisweek: Die koshuisweek het op 17 Augustus afgeskop en word vanaand afgesluit met ‘n koshuisdinee waar die wenners van die week aangekondig sal word. Die koshuisweek het soos volg verloop: Maandag: Gang-sokker, waar die gange teen mekaar moes sokker speel vir punte. Dinsdag: Gang-beoordeling. Die leerders moes uithaal en wys om die beoordelaars te beindruk deur om die verskeie gange waarin hulle woon so mooi as moontlik op te tooi. Geluk aan al die gange, die moeite het afbetaal want dit het pragtig gelyk. Woensdag: Sak-aflos en trollie-resies. Die gange het weereens teen mekaar gekompeteer en goeie sportmansgees getoon. Donderdagaand: Die hoogtepunt van die week. Maande se oefen het afbetaal tydens die serenade, want die leerders het weereens bewys hoe kreatief hulle is en het en gesorg vir groot vermaak van die gehoor met hulle interessante liedjies. Baie dankie aan Juffrou Gerber en Meneer Erasmus, sowel as die diensdoenende personeel wat hierdie week moontlik gemaak het.
Koor: Baie geluk aan die koor wat Maandag 17 Augustus aan die St Dominic’s Vocal Eistedfodd in Newcastle deelgeneem het. Hulle verwerf trippel goud en eindig algeheel 2de, en mis die eerste plek met 1%. Ons blom van trots!
Daar was leerders wat aan die solo-sang ook deelgeneem het. Geluk aan die volgende leerders: Dominique de Wet 1 trippel goud en 1 dubbel goud, sy was ook die wenner in haar kategorie. Yolandie de Wet 1 dubbel goud en 1 goud, Zipho Ngubane 1 goud, Ashley Fourie 2 goud, Alyssa Sevenster 1 dubbel goud, Jan-Paulus Kruger 1 goud en Stephan Kruger 1 silwer.
KZN-Ringbal proewe: Baie geluk aan die volgende spelers wat span gemaak het: o/17 seuns: Meldon Bezuidenhout; Hans Opperman; Marco Fuhri; Ruan Naude; Ewart Potgieter; Desmond Burke; DeWet Meyer en Johnny Blaauw (kaptein). o/23 dames: Anandi Blaauw en Anneri Lens. Onderwysers wat gekies is: Marie-Louise Le Roux; Anke Herbst; Anneke Gerber; Sumari Herbst; Johan Herbst en Dylan Herbst (kaptein).



