NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – LMS ontvang besoekers tydens Opedag

Die voornemende 'LMessers' is in alle graadgroepe met 'n goeie oriënteringprogram ontvang en daar is ook besoeke aan die rekenaarkamer en die sangklas gebring.

 

‘n OPGEWONDE groepie voornemende gr 1 en gr R leerlinge het saam met hul ouers LMS se terrein betree.

Natuurlik was alle reëlings afgehandel en was ons slaggereed vir elke vraag of versoek wat deur voornemende ouers gevra is. Die voornemende ‘LMessers’ is in alle graadgroepe met ‘n goeie oriënteringprogram ontvang en daar is ook besoeke aan die rekenaarkamer en die sangklas gebring. Alle graadgroepe het vanjaar ‘n goed voorbereide opedag beleef en sommige leerlinge het besluit hulle wil sommer noual die volgende jaar begin aandurf. Lowergroen grasperke en petunias in blom is gekomplementeer deur die oranje LMS-vlaggies. Verskeie ouers en personeel het saamgespan om van die dag ‘n groot sukses te maak. Die ontvangs tot vergeselde besoek aan die skool het onder goeie gees plaasgevind. Baie dankie juf Van Rensburg en haar span vir puik re?lings.

Sportuitslae: Tennis: LMS vs Lüneburg. Donderdag, 27 Augustus, het die dogters tennisspan wedstryde gespeel. Hulle was goeie opposisie vir mekaar, maar LMS tree as wenners uit die stryd met 19 teen 21 potte. Krieket: Die eerste en tweede krieketspan neem deel aan die 7s te Lüneburg. Die eerstes vaar puik en verloor in die finaal. Utrecht Mini-kriekettoernooi: Die o/7, o/8 en o/9 span neem deel te Utrecht. Die o/7s wen al drie hul minikrieketwedstryde en dis veral die seuns se tegniek wat almal aan die praat het. Huttenpark Mini-kriekettoernooi: Die o/7, o/8 en die o/9 span speel uitstekende krieket en wen al ses hul wedstryde. Baie geluk aan ons onorrwonne spanne. Baie dankie aan al die personeel en ouers wat die leerlinge vergesel het tydens die toernooie.

Kalender

2 September – Sekretaressedag

9 Spetember – Gr 1 Koekverkoping

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button