Lucas Meyer Primêre Skool – SA Kleure vir LMS se skaakspelers
Hulle het deelgeneem aan strawwe kompetisie en die langste skaakwedstryd van Stefan was ‘n vieruur lange stryd waarin hy gelukkig as die wenner uit die stryd kon tree. Dit is ‘n week wat emosioneel, fisies en verstandelik baie eis van elke deelnemer. Al drie die manne vaar uitstekend.
LMS SE skaaktrots, Stephan, Petri en Marnus de Wit het deelgeneem aan die 2015 Afrika Skole Individuele Skaak Kampioenskappe vanaf 22 to 29 Augustus wat plaasgevind het in Gaborone, Botswana.
Die verkiesing van die spelers is gebaseer op hul deelname aan die Nasionale Skool Skaak Individule Toernooi gehou te Kaapstad in Julie 2015. Met hul deelname aan die Afrika Kampioenskappe het Stephan, Petri en Marnus hul SA Skole Federasie kleure verwerf.
Hulle het deelgeneem aan strawwe kompetisie en die langste skaakwedstryd van Stefan was ‘n vieruur lange stryd waarin hy gelukkig as die wenner uit die stryd kon tree. Dit is ‘n week wat emosioneel, fisies en verstandelik baie eis van elke deelnemer. Al drie die manne vaar uitstekend. Marnus het derde gekom in die onder 7 kategorie, Petrie negende in die onder 11 kategorie en Stephan sewende in die onder 13 kategorie. LMS voel breëbors oor julle!
ATKV Redenaarskompetisie: In 2015 het 2546 laerskoolleerders landswyd aan die kompetisie deelgeneem. Tiaan Marais het aan die landswye redenaarskompetisie, te Goudini, KZN-laerskole verteenwoordig. Hy redeneer skitterend, maar is ongelukkig nie onder die top tien in die land nie. ‘n Groot kompliment is aan hom toegedig toe dr Elbie Adendorff, van die Universiteit van Kaapstad, hom persoonlik gekomplimenteer het met sy deelname. Ons weet daar lê ‘n blink toekoms voor en sien uit na sy eerste toespraak op TV. Mooi so, Tiaan!
Sportuitslae:
Ruitersport: Berné van Heerden, Nina Terblanché en Landi Erasmus vaar puik met hul deelname aan die SANESA kompetisies en is al drie ingesluit in die KZN-span. Hierdie individuele sportsoort vereis baie selfdissipline en volharding. Baie geluk met jul pragtige prestasie!
Krieket: Vryheid Laerskole bied die NKZN- proewe aan en ses van LMS se eerste krieketspan is genooi na die proewe. Danie Nel en Tiaan Marais word gekies vir die NKZN- span en sal dus deelneem aan die KZN Binnelande krieketproewe. Dit vind plaas te Pietermaritzburg vanaf 25 tot 27 September.



