NewsSchools

Hoërskool Pionier – Dominique en Jana – Pionier se trots

Dominique het die toekenning gekry vir beste sang en Jana die toekenning vir die beste voorleser. Baie geluk julle twee.

DOMINIQUE de Wet en Jana Grobbelaar het Pionier se naam hoog gehou by die Newcastle Eisteddfod se prysuitdeling.

Dominique het die toekenning gekry vir beste sang en Jana die toekenning vir die beste voorleser. Baie geluk julle twee.

Pionier Eisteddfod toekennings: Die volgende leerders ontvang toekennings vir die onderskeie afdelings: Creative Writing: Leana Groenewald; Ankia Saayman; Carmen Gropp en Jana Grobbelaar (wenner van die afdeling). Kreatiewe Skryfkuns: Teana Jansen van Vuuren; Rudi Barkhuizen; Bianca Wagener en Jana Grobbelaar (wenner van die afdeling). Natuurfotos: Celine Erasmus; Simone Combrinck; JP Leite; Werner Botha; Lindie von Molendorff en Janri Muller (wenner vir die beste natuurfoto). Portrette: Celine Erasmus behaal 1 goud en 2 silwers en is die algehele wenner van die afdeling. Musiekinstrumente: Inge Bruyns; Deon Bester en Zander Fouche (wenner van die afdeling). Solosang: Ruzel Stegen; Shene de Villiers; Zipho Ngubane; Allyssa Sevenster; Yoleandie de Wet en Ashley Fourie. Yolandie en Ashley is die wenners van die afdeling. Drama: Zamo Mathebula; Shene de Villiers en Waldo van der Westhuizen (wenner van die afdeling). Koekbak- en versiering: Ley-Lani van der Vyver; Bianca Wagener en Kayla van Rensburg (wenner van die afdeling). Groepdans: Geoanie Schwartz; Lesa Swanepoel; Sarcelle van der Merwe en ook Chane Bekker; Jenna Breedt en Geoanie Schwartz (wat die groep wenners was). Solodans: Cloé Nel wat haar afdeling wen.

Mej Pionier: Geluk aan Karla Combrinck wat gekroon is as Mej Pionier 2015. Geluk ook aan ons eerste prinses, Celine Erasmus en ons tweede prinses Megan Smith. Almal wat deelgeneem het, het pragtig gelyk. Baie dankie aan die hoofborg, Rozella Vryheid.

Krieket: Die eerstespan het teen Newcastle gespeel en wen met 33 lopies. Ewart Potgieter staan uit met 42 lopies van 28 balle en Jaco Huyser met 36 lopies van 26 balle. Bouler wat uitstaan is Corné Bosman wat 3 paaltjies kry vir 6 lopies in 1 boulbeurt.

Fast 5 Hokkie en Netbal: Die “Best of the West” toernooi het die afgelope naweek in Krugersdorp plaasgevind.

Hokkie: Wedstryde was 25 minute lank, sonder halftyd. Dit het as volg afgeloop: Hoërskool Ben Vorster: verloor 10-1; Hoërskool JM Fouche: verloor 4-3; Krugersdorp High: wen 8-1. In die semi-finaal speel hulle teen Prestige College in die plaatafdeling en wen 10-3. In die finaal (plaatafdeling) wen hulle 4-1 teen Krugersdorp High.

Netbal: Die span bestaan uit o/16’s en o/17’s. Speel teen Hoërskool Noordheuwel en verloor 25-17. Weens ‘n reenbui wat uitgesak het moes die res van die wedstryde gestaak word.

7’s rugby: Die span het in Durban gespeel die afgelope naweek. Hulle wen die eerste drie wedstryde en speel in die semi-finaal teen Michaelhouse en wen na ‘n “sudden death”. Hulle verloor ongelukkig in die finaal teen Kearsney College, 26-19 in die laaste twee minute van die wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button