NewsSchools

Hoërskool Pionier – ‘Ons onderwysers is tops’

Pionier ontvang toekenning vir beste akademiese skool in Bhekuzulu Distrik (Vryheid). Dit is waarlik ‘n personeelkorps waarop Pionier kan trots wees.

DIT IS die onderwysers by Pionier se beurt om toekennings te ontvang vir hulle harde werk.

Geluk aan die volgende personeellede wat toekennings ontvang het vir ‘n 100% slaagsyfer vir 2014 se matriekuitslae: Mnr H Venter: Wiskunde Geletterdheid en Toerisme; Mnr D Coetzee: Geografie; Mev C Fourie: Engels Eerste Addisionele Taal; Mev C Smit: Verbruikerswetenskap en Landbou; Mnr J Erasmus: Lewensorientering; Mnr L Schmidt: Wiskunde Geletterdheid en Ekonomie; Mev S Herbst: Besigheidstudies; Mev T. Potgieter: Lewenswetenskappe; Mev M Le Roux: Geografie; Mej A Oelofse: IGO; Mev S van Schalkwyk: Engels Eerste Addisionele Taal; Mej A Gerber: Fisiese Wetenskap; Mev A Aucamp: Wiskunde; Mnr J Coetzee: Besigheidstudies; Mnr D Herbst: RTT; Mev S Smuts: Fisiese Wetenskap; Mnr J Aucamp: Wiskunde; Mev B Jansen Van Rensburg: Visuele Kuns en Mnr R Kritzinger: Rekeningkunde.

Personeellede ontvang ook sertifikate en trofees vir die Algehele Beste uitslae in die Bhekuzulu Distrik: Mev T Potgieter: Lewenswetenskappe; Mej A Gerber en Mev S Smuts: Fisiese Wetenskap; Mev A Aucamp: Wiskunde en Mnr R Kritzinger: Rekeningkunde.

Pionier is aangewys as die beste akademiese skool in die Bhekuzulu Distrik vir 2014 se matriekuitslae.

Pionier ontvang toekenning vir beste akademiese skool in Bhekuzulu Distrik (Vryheid). Dit is waarlik ‘n personeelkorps waarop Pionier kan trots wees.

Ruitersport: Geluk aan Christel Liebenberg wat gekies is om Mpumalanga te verteenwoordig by die SANESA Nasionale Kampioenskappe. Die kampioenskappe vind plaas by Misty Meadows (Pretoria Oos) van 8-10 Oktober 2015. Ons wens haar baie sterkte toe en glo dat sy goed sal presteer.

Skyfskiet: Geluk aan FP Van Der Merwe wat ook ingesluit is by die Natal Skyfskietspan, waar hy ook aan die SA kampioenskappe gaan deelneem. Ons wens hom alle sterkte toe.

Koshuis vs Dorp rugby: ‘n Rugbywedstryd het Maandagaand, 7 September tussen die koshuis- en dorpseuns plaasgevind by Pionier se sportvelde. Dit was ‘n harde wedstryd en die dorpspan het as oorwinnaars uit die stryd getree, alhoewel die koshuisspan hulle harte uitgespeel het.

Krieket: Die o/15’s het verlede week Donderdag teen Sarel Cilliers gespeel en hulle geklop met 6 paaltjies. Charles Meintjies teken 24 lopies aan en Christiaan Zietsman 20 lopies, wel gedaan! Roland Breedt maak ons trots en vat 4 paaltjies vir 12 lopies en word aangewys as speler van die wedstryd.

7’s Rugby – Voortrekker: Die 7’s rugbyspan wat uit graad 10 en 11 leerders bestaan het die naweek by Woodburn Stadium in Pietermaritzburg gespeel. Die wedstryde en tellings verloop soos volg: Pionier vs Ladysmith – wen 34-0. Pionier vs Hillcrest – verloor 12-7. Pionier vs Linpark – wen 24-0. Pionier vs Westville 2 – wen 28-10. Pionier vs Port Natal – verloor ongelukkig 15-10 en kan nie deurdring na die semi-finaal nie. Die span eindig 3de in hulle poel. Baie geluk julle!

Atletiek: Baie geluk aan Jessica Taylor wat volkleure vir atletiek ontvang het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button