NewsSchool sportSchoolsSport

Hoërskool Pionier – 7s rugby spog met goeie uitslae

PIONIER se o/15-spogspan het algeheel derde in die “Middiessewes”-toernooi op 18-19 September in Middelburg geëindig. Hierdie span gaan nog baie groot hoogtes bereik. Ons sien met groot verwagtinge uit na wat die toekoms nog vir hierdie manne inhou. Matriekafskeid: Pionier se matriekafskeid vind vanaand, 1 Oktober, plaas. Dit beloof om ‘n glansryke aand te wees, …

PIONIER se o/15-spogspan het algeheel derde in die “Middiessewes”-toernooi op 18-19 September in Middelburg geëindig.

Hierdie span gaan nog baie groot hoogtes bereik. Ons sien met groot verwagtinge uit na wat die toekoms nog vir hierdie manne inhou.

Matriekafskeid: Pionier se matriekafskeid vind vanaand, 1 Oktober, plaas. Dit beloof om ‘n glansryke aand te wees, veral met die matrikulante in hul spoggerige uitrustings. Kom kyk gerus vanaf 4:45nm by die paviljoen hoe die matrikulante op die rooi tapyt vertoon.

SA-karate: Caitlin Scott en Zurike Marais het die afgelope naweek aan die African Cup-karatekampioenskappe in Johannesburg deelgeneem. Caitlin spog met ‘n bronsmedalje in kata en Zurike met ‘n vierde plek in kumete en vyfde plek in kata.

Atletiek: Zandri Meyer het die afgelope naweek aan die SACS SA-atletiekkampioenskappe deelgeneem. Daar het 1207 atlete van regoor die hele land deelgeneem. Zandri wen in diskus met ‘n nuwe rekord van 33,19m én in gewigstoot met ‘n rekordgooi van 10,97m! Zandri verdien met hierdie uitsonderlike prestasies 937 punte, wat die tweede hoogste punte van die byeenkoms is. Verder word sy aangewys as die beste meisiesatleet op die byeenkoms. Pionier is voorwaar baie trots op jou, Zandri!

Oktober-vakansie: Die skool sluit Vrydag om 9:30vm vir die Oktober-vakansie. Dit is steeds ‘n bedrywige tyd vir verskeie Pioniers: Pionier se koor vertrek op 4 Oktober na Johannesburg, waar hulle aan die nasionale SATCH-kompetisie deelneem. Ons beste wense vergesel hulle en ons glo dat hulle, net soos in die verlede, met die hoogste louere gaan wegloop!

Vanjaar het Pionier 28 leerders en ‘n handjievol onderwysers wat vanaf 4-10 Oktober aan die SA- ringbaltoernooi in Margate gaan deelneem.

Vier spelers van Pionier se eerste netbalspan, nl Heidi Steffen, Ashley Reimers, Madi Swanepoel en Simoné Bornman vertrek op 2 Oktober 2015 na Ierland. Hulle is almal deel van ‘n netbaluitnodigingspan, wat tydens die South Coast Sport Tour (wat vroeër vanjaar in April plaasgevind het) plaasgevind het. Hulle gaan Suid-Afrika in Ierland verteenwoordig, waar hulle teen verskeie klub- en skoolspanne gaan meeding en die geleentheid gaan gebruik om die land te besigtig. Ons wens hierdie dogters alle voorspoed toe.

Die eerste krieketspan vertrek 2 Oktober na Eshowe, waar hulle aan ‘n kriekettoernooi deelneem en verskeie wedstryde gaan speel. Hulle gaan teen die volgende spanne meeding: Hoërskool Westville; Thomas Moore College en die laaste wedstryd teen Hoërskool Eshowe.

Baie sterkte aan die 11 skuts wat deel is van die SA-span wat in die vakansie in Mpumalanga gaan deelneem. Ons is veral baie trots op Heinrich Harris en Mari Myburgh, wat as kapteine van die KZN-span gekies is!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button