Rugby seuns ons trots oorsee
"Ek, Wimpie Steenkamp, wil eerstens vir my ouers, Stoney en Veronica Steenkamp, bedank vir die geleentheid wat aan my gebied is om in Italie vir die o/19 Rugby span te kon gaan speel tussen 3 en 12 Oktober. Ek wil graag in besonder Johan Els asook die gemeenskap bedank vir elkeen se finansiele bydrae, en Wilna Bierman en my Ouma, Bettie Meyer, vir al julle harde werk."
DIE volgende seuns van Vryheid was in die Rugby toerspan ingesluit: Wimpie Steenkamp; Nathon Viljoen van Hoërskool Pionier en Devon Aspden van Hoërskool Vryheid.
Wimpie Steenkamp skryf: “Ek, Wimpie Steenkamp, wil eerstens vir my ouers, Stoney en Veronica Steenkamp, bedank vir die geleentheid wat aan my gebied is om in Italie vir die o/19 Rugby span te kon gaan speel tussen 3 en 12 Oktober. Ek wil graag in besonder Johan Els asook die gemeenskap bedank vir elkeen se finansiele bydrae, en Wilna Bierman en my Ouma, Bettie Meyer, vir al julle harde werk.”by
Die seuns van Vryheid het die gemeenskap van Vryheid trots gemaak deur twee oorwinnings en een gelykop wedstryde te speel.




