‘n GROOT groep gr 1-leerlinge het op die eerste skooldag by LMS begin skoolgaan.
Sulke opgewondenheid het jy lanklaas gesien! Die kinders het sommer vinnig tuis gevoel en hang behoorlik aan die onderwyseresse se lippe. Daar word reeds flink in die klasse gewerk. Ons ouers kan gerus wees dat daar by LMS werklik omgegee word vir elke kind. Hier kan u kind in ‘n veilige en geborge omgewing werk, groei en gelukkig wees.
Ouerkontak: Twee baie suksesvolle inligtingsvergaderings is met ons ouers gehou. LMS gaan van die standpunt uit dat ‘n ingeligte ouer ook ‘n betrokke is. Onder sulke omstandighede kan ons leerlinge net gedy. Ouers van graad 1-leerlinge en graad 4-leerlinge is tydens twee afsondelike geleenthede ingelig oor wat om vanjaar te verwag en oor die werkswyse wat met die kinders gevolg gaan word.
Sport: Die atletiek- en swemuitdunne is afgehandel en deelname deur die leerlinge was spontaan en in ‘n goeie gees. Die skool se rugbyafrigters het ook die afgelope naweek ‘n baie suksesvolle afrigtingskursus in Durban bygewoon.
Personeel: Voorbidding word gevra vir Mev Christina Bender (sekretaresse), wat nie gesond is nie. Ons dink aan haar in hierdie moeilike tyd. LMS verwelkom ook Mnr André Small wat by die personeel aangesluit het om die Liggaamlike Opvoedingsklasse waar te neem. Hy gaan ook in die middae kondisioneringsoefeninge met die leerlinge doen. Ons glo dat sy insette ‘n positiewe effek op LMS-leerlinge se fiksheid gaan hê en dat hulle meer gefokus in hul sportbeoeffening sal wees.



