NewsSchools

Hoërskool Utrecht se presteeders word erken

Utrecht Senior Primêre Skool se prysuitdeling het op 2 Desember plaasgevind.

Utrecht Senior Primêre Skool se prysuitdeling het op 2 Desember plaasgevind.

Tydens die geleentheid is leerlinge van Hoërskool Utrecht vir hul prestasies op akademiese-, kultuur- en sportgebiede vereer.

Hoogtepunte van die aand was die drama, spreekkoor en koor, wat verskeie items gelewer het en hulself baie goed van hul taak gekwyt het.

Joshua Hatting is as Duxleerling vir 2015 aangewys.

Andrea Truter is as Sportdogter vir 2015 aangewys, terwyl die prys vir Sportseun van 2015 gedeel word deur Rick en Joshua Hatting.

Die prefekte vir 2016 is ook op die aand aangekondig:

Stephanie Hepburn en Jason MacDonald was onderskeidelik aangewys as Hoofdogter en Hoofseun, deur Skoolhoof, Riek Truter en Fasehoof, Mev. Fick.

Elanie Hepburn en Juan Greyling was onderskeidelik aangewys as Onderhoofdogter en Onderhoofseun.

Leerlinge aangewys as prefekte sluit in W.J. Hatting, Sandiso Chipeta, Andisiwe Mnqxali, Kaylem Anderson, Bianca Stannard en Sandile Buthelezi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button