
Dit is die begin van nog ‘n wonderlike jaar by Ichthus. Die skool verwelkom al die leerlinge, ouers en personeel. Mag die Here elkeen van julle ryklik seën en mag julle baie gelukkig wees by Ichthus.
Dit is ‘n plesier om met klein klassies te werk en wat ‘n voorreg om die jaar op so ‘n positiewe noot te begin!
Dit was omtrent ‘n groot opgewondenheid om almal weer na die lang vakansie te sien. Die skool wil graag die nuwe personeel verwelkom: Mev Santa Robberts, Mev Leonie van Zuydam, Mev Hendrien Jordaan en Mej Nastasia Labuschagne (klashulp).
Ichthus glo dat hulle baie gelukkig hier by die skool sal wees. Ichthus nooi alle ouers, personeel en leerlinge uit na die verwelkomingsbraai op Januarie 22 18:00 by die skool.
Dit is ‘n heerlike geleentheid waar bestaande en nuwe ouers en personeel mekaar beter kan leer ken.



