Hoërskool Pionier – Atlete blink uit by Interhuis
East Coast Radio het op 29 Januarie water aangery in trokke om ons dorpie uit te help met die waterkrisis waarin ons, onsself tans bevind. Die graad nege seuns het skouer aan die wiel gesit en duisende liter water afgelaai. Ons harte bars van die trots oor ons hulpvaardige seuns.
MAANDAG, 25 Januarie het die Here ons geseën met ‘n wonderlike reënbui wat oor ons dorpie uitgesak het, dus moes die Interhuis atletiek uitgestel word na Woensdag.
Dit was ‘n baie suksesvolle dag en die atlete het goed gevaar. Baie geluk aan die volgende atlete wat bekers ontvang het: Lorma Janse van Rensburg, Ruan Naude, Nantus Davel, Anri Janse van Rensburg, Roland Breedt, Meldon Bezuidenhout, Karla Combrinck, Ewart Potgieter, Jessica Taylor, Jané Pieterse, Eckhart Potgieter, Hannis Vreken, Zandri Meyer en Lourens Janse van Rensburg. Die atletieklaer wat as wenners aangewys is, is Dewisa (‘n kombinasie van De Wet en Disa).
Atletiek in Piet Retief: Die atlete het op 30 Januarie deelgeneem by Hoërskool Piet Retief. Die volgende skole was ook uitgenooi na die byeenkoms: Hoërskool Ferrum, Volksrust, Hoërskool Vryheid, Komatiepoort Akademie en Pongola Akademie.
Ons atlete het 14 eersteplekke behaal, 17 tweedeplekke, en 14 derdeplekke. Daar is ook 3 nuwe rekords opgestel. Shanté Veldsman (o/14) verbeter die rekords by gewigstoot en diskus. Sy ontvang die trofee vir die beste junior atleet van die dag. Zandri Meyer het ook die o/15 diskus rekord verbeter.
Skyfskiet: Pionier se skuts het op 30 Januarie deelgeneem in Newcastle by Hoërskool Ferrum. Uitslae: o/21 Veerklas: Heinrich Harris eerste plek en Tiffany de Wit vyfde plek. o/21 Sporterklas: Heinrich Harris eerste plek, Jacques van Romburgh is vierde en Danie Christie negende. o/16 Veerklas: Richardt van Zyl eerste plek, Caitlyn Skews is vierde, FP van der Merwe is sesde en Zarles Duminy sewende. o/16 Sporterklas: Pieter Claassen is eerste en Rinus Wagener sesde. o/14 Veerklas: Levras Davel eerste plek, Stephan Schutte tweede en Ryan van Wyk is derde.
Die skuts het ook deelgeneem aan ‘n 10m Olimpiese kompetisie: o/21 Veerklas: Johan Harris eerste plek. o/21 Sporterklas: Heinrich Harris eerste plek, Jacques van Romburgh is tweede en Danie Christie sesde plek. o/16 Veerklas: Richardt van Zyl eerste plek, FP van der Merwe is tweede en Caitlyn Skews is derde. o/16 Sporterklas: Pieter Claassen eerste plek, Rinus Wagener is vierde en Ruan Burger eindig sewende. o/14 Veerklas: Darius Roos tweede plek.
Pionier seuns ondersteun Vryheid-gemeenskap: East Coast Radio het op 29 Januarie water aangery in trokke om ons dorpie uit te help met die waterkrisis waarin ons, onsself tans bevind. Die graad nege seuns het skouer aan die wiel gesit en duisende liter water afgelaai. Ons harte bars van die trots oor ons hulpvaardige seuns.



