LMS se leerlinge het met oorgawe deelgeneem aan aktiwiteite op wêreld-kankerdag.
Tydens ‘n spesiale bewusmakingsgeleentheid is die skool toegespreek deur die vier hoofleiers. Die oorsake en gevolge van kanker en hoe die siekte ‘n kankerleier se lewensgehalte raak, is onder andere uitgelig. Moontlike behandelings is ook beklemtoon en maniere hoe die leerlinge ‘n kankerlyer en dié se gesinslede se lewe kan vergemaklik, is ook bespreek. LMS se leerlinge het almal pienk en pers klere gedra om hul bydrae tot die bewusmakingsveldtog te lewer.
Atletiek: Die baanitems is op 3 Februarie aangebied. Hartlike dank aan Hoërskool Pionier vir die gebruik van hul fasiliteite. Trofeewenners is: Cole van Rooyen 100m seuns o/13, Kayla Becker 100m dogters o/13, Jaden van Eck Seuns Hekkies, Marizelle Riechel en Zarina Knoetze dogters hekkies, Duan Davel Junior Victor Ludorum, Chantel Breytenbach Junior Victrix Ludorum, Cole van Rooyen Senior Victor Ludorum, Kaula Becker Junior Victrix Ludorum.
Swem: Tydens die Newcastle Elite-gala het LMS-leerlinge puik gevaar. Geluk aan die volgende swemmers:Dirk Grobler – Brons 100m borsslag, Mieke van der Walt – Brons in 50m borsslag en Corné van der Walt – Silwer in 100m vryslag, 50m vlinderslag, 100m borsslag en goud in 50m vryslag.
Ruitersport: Twee leerlinge het die afgelope naweek aan die eerste KZN kwalifiserende Kompetisie te Shongweni deelgeneem. Landi Erasmus behaal ‘n 2de, 4de en 5de plek, terwyl Nina Terblanche twee 1ste plekke, ‘n 2de, 5de en 7de plek in die onderskeie afdelings behaal. LMS is trots op die twee dogters.
Dankie: LMS se graag dankie aan NTT-Toyota Vryheid en At Moolman Makelaars vir die pragtige nuwe waterhouers wat aan die skool geskenk is. Elke klas is van so ‘n houer voorsien en leerlinge het dus toegang tot skoon water.



