DIE swem – gala het op Donderdagmiddag, 28 Januarie by Pionier se swembad plaasgevind.
Talle swemmers het aan die gala deelgeneem. Daar was vele talent te sien, van die volgende Ryk Neethling tot die wat net deelgeneem het om ‘n bietjie spangees te bou. Baie geluk aan die volgende leerders wat bekers ontvang het: Berné van Heerden, Arnau Bosch, Lésa Swanepoel, Muller Smith, Tanya van Biljon, Jaco Lourens, Natasha Kleyn, Christiaan Smit, Philip Lourens, Karla Combrinck, Christopher Doust. Geluk ook aan die afloswenners: Dewisa (kombinasie tussen De Wet en Disa). Die junior Victrix Ludorum was Berné van Heerden, senior Victrix Ludorum was Natasha Kleyn en die junior Victor Ludorum was Muller Smith en Christiaan Smith is aangewys as die Senior Victor Ludorum. Daar was ook ander pret items tussen die swemitems om so ‘n bietjie gees te bou, dit was vele pret en die leerlinge het vreeslik lekker deelgeneem en saam gelag.
Driekamp, Hermansburg: Dit was nie net die swemmers wat die water aangedurf het nie, die driekampers het ook so bietjie hulle voete natgemaak die afgelope naweek by die Mudman 2016 in Hermansburg. 30 van ons leerders en ses personeellede het deelgeneem. Amper almal het vir die eerste maal aan so iets deelgeneem en het erken dat die driekamp – gogga hulle beslis gebyt het! Waldo Durand is ons Ysterman en hy neem individueel aan die volle resies deel. Hy lê die 700 m swem, 20 km bergfiets en 5km draf suksesvol af en eindig derde in sy ouderdomskategorie. Dewald Durand neem individueel deel aan die halwe resies en hy eindig 14de in sy ouderdomsgroep. Die res van die leerders het in spanverband deelgeneem en het almal die wedlope voltooi, alhoewel daar ‘n paar ongevalle was soos gebarste bande, fietse wat uitmekaar geval en met cable ties aanmekaar vasgebind is tot die einde en daar is ook Ernest Franzsen en juffrou Melville wat vir hul elkeen ‘n stuk grond gekoop het oppad na die eindstreep. Lizbé Venter was baie braaf om haar item met ‘n geswikte enkel ten volle te voltooi. Nietemin het elke leerder wat deelgeneem het dit terdee geniet en die spangees het geseëvier. Baie geluk aan elkeen wat ‘n medalje ontvang het, sien julle beslis by die volgende driekamp.
Atletiek, Volksrust: Vrydagmiddag, 5 Februarie het ‘n groepie van ons atlete gaan deelneem op Volksrust en het soos volg gevaar: Die atlete behaal 14 eerste plekke, 18 tweede plekke en 20 derdeplekke.
Atletiek, Filidi Circuit: Pionier se atlete behaal 14 eerste plekke en 7 tweede plekke.
Program:
Sondag, 14 Februarie – Midmar



