NewsSchools

Lucas Meyer Primêre Skool – LMS atlete vaar puik

By LMS streef ons altyd na uitnemendheid en is net die beste goed genoeg vir ons leerlinge. Getrou hieraan, is die rekenaarlokaal onlangs opgegradeer. Die klas is uitgeverf en hertoegerus met nuwe rekenaars.

LMS is baie trots op sy atlete wat die afgelope Vrydag aan die Filidi-Steek Atletiekbyeenkoms deelgeneem het.

Ons atlete het puik gevaar en 31 leerlinge is geïdentifiseer as deel van ‘n groep atlete waaruit die Bhekuzulu-span saamgestel sal word om op 20 Februarie aan die distrikte-byeenkoms deel te neem.

Swem: Twee Gr 7 leerlinge het die afgelope naweek aan die Midmarmyl swemuitdaging deelgeneem. Xander Richards voltooi die afstand in 35 minute, 5 sekonde, terwyl Jano Strydom klaarmaak in 40 minute, 41 sekonde. Knapgedaan seuns!

Rekenaarlokaal: By LMS streef ons altyd na uitnemendheid en is net die beste goed genoeg vir ons leerlinge. Getrou hieraan, is die rekenaarlokaal onlangs opgegradeer. Die klas is uitgeverf en hertoegerus met nuwe rekenaars. Die leerlinge sien baie uit na die leesprogram wat hulle daar volg, rekenaarvaardighede wat aangeleer word en na die nuwe wiskundeprogram wat aangebied word. Die lokaal staan onder die bekwame leiding van mev Annelie Smith.

Skool verjaar: LMS fier sy 86ste bestaanjaar op 19 Februarie. Ons bede is dat God Sy hand van bewaring oor elke leerling sal hou en die skool sal seën in die jare wat voorlê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button