NewsSchools

Hoërskool Pionier – Staatmaker – borge vir rugby 1ste span

Graag bedank PHS ook vir mev Stander van Mr Matata wat die eerste netbalspan besorg het met pragtige wedstryddrag vir die PUK 16 reeks wat voorlê. Ons bedank u vir u lojale ondersteuning en hoop dat u nog vir baie lank in die toekoms ‘n verbintenis met ons skool sal hê.

PHS se eerstespan bedank graag die volgende borge vir hulle lojale ondersteuning: At Moolman Makelaars, JMR Trailer Parts, Superbrake Services en Mr Matata.

Die seuns sal beslis breëbors kan spog met die pakkies wat elk van hulle ontvang het. Na ‘n bedrywige week op die sportveld het ‘n paar van Pionier se rugby en netbalspanne die afgelope naweek die geleentheid gekry om solank n voorsmakie te kry van wat op hulle wag wanneer die PUK 16 reeks afskop op 27 Februarie, eerskomende naweek. Nie net het die rugby en netbal voorberei nie, maar ook die eerste hokkiespan het ‘n oefenkamp gehad. PHS is baie opgewonde vir die wintersport seisoen wat voorlê.

Rugbydag – Sarel Cilliers: Op Saterdag, 20 Februarie het ons rugbyspanne vertrek na Sarel Cilliers in Glencoe, om deel te neem aan ‘n rugbydag. Die o/14 span speel hulle eerste wedstryd van hulle hoerskoolloopbaan en verloor ongelukkig teen Sarel Cilliers, 20 – 10. Die o/15 span het ‘n puik wedstryd gespeel teen Sarel Cilliers en wen 38 – 12. Die o/16 span het ook nie terug gestaan teen Sarel Cilliers nie en wen ook 36 – 5. Ons 2de span het ook teen Sarel Cilliers gespeel en het ongelukkig 17 – 5 verloor. 1ste span: verloor in die doodsnikke van die wedstryd teen voortrekker 13 – 12.

Ferrum Netbaltoernooi: PHS se o/16 en 1ste netbalspanne het Saterdag, 20 Februarie deelgeneem aan ‘n toernooi by Ferrum Hoërskool waar daar 5 ander skole ook deelgeneem het. Die 1ste span speel rondte 1 teen Vryheid Hoërskool en wen 21 – 6, die tweede rondte wen hulle ook teen Sarel Cilliers 17 – 7. In die semi – finaal speel hulle teen Dundee en wen 15 – 7, maar hulle verloor ongelukkig in die eindrondte teen Ferrum. Die o/16’s het soos volg presteer: Rondte 1 wen hulle 12 – 2 teen Hoërskool Vryheid, die tweede rondte wen hulle ook teen Sarel Cilliers met ‘n telling van 26 – 0. Hulle speel in die semi finaal teen Newcastle High en wen hulle 18 – 3 en in die finale rondte teen Ferrum wen hulle 19 -6 en sodoende wen die o/16’s die toernooi asook R5 000 prysgeld van Panarotti’s. Welgedaan aan albei spanne.

Mr Matata borg 1ste netbal: Graag bedank PHS ook vir mev Stander van Mr Matata wat die eerste netbalspan besorg het met pragtige wedstryddrag vir die PUK 16 reeks wat voorlê. Ons bedank u vir u lojale ondersteuning en hoop dat u nog vir baie lank in die toekoms ‘n verbintenis met ons skool sal hê.

Program:

Maart 10 – Steve Hofmeyer

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button