NewsSchools

Ichthus sê totsiens aan twee staatmakers

Ichthus bids farewell to two incredible teachers.

Mevrou Yolandi van Zyl (2006 – 2015)
Die skool sê totsiens aan Mevrou Yolandi van Zyl wat 10 jaar lank die Gr RR of Gr R onderwyseres by Ichthus was.
Sy het ook die afgelope twee jaar die pos as Departementshoof, opdrag Sport en Grondslagfase, beklee.
Die skool bedank haar vir haar entoesiasme, doelgerigtheid en liefdevolheid.
Sy het die kinders lus gemaak om na Graad 1 toe te gaan.
Mevrou Esmé Willemse (2012 – 2015)
Die skool sê totsiens aan Mevrou Esmé Willemse wat die afgelope vier jaar deel van Ichthus was. Sy het hoofsaaklik vir Gr 3, 5 en 7 skoolgehou en graag funksies met ywer gereël. Sy was ook deel van die Skoolbestuursspan. Ichthus bedank haar vir haar kreatiwiteit, akademiese leiding en inisiatief. Die skool bid albei hierdie dames die Here se rykste seën toe en bedank hulle vir al die seëninge wat hulle in ander se lewens ingebou het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button