AfriForum Newcastle het onlangs deelgeneem aan die Nasionale Blou- en Groendruppel projek, wat deur die burgerregteorganisasie, AfriForum, gereël word.
Alhoewel die drinkwater in Newcastle skoon getoets het, het die toet uitslae gewys dat uitermatige hoë fekale E.coli riool, in die Ncandurivier voorkom.
‘n Afvaardiging van die Newcastle AfriForumtak het met die Munisipale Bestuurder en lede van sy personeel vergader om, onder meer, die waterkwessie te bespreek en onder hulle aandag te bring.
Toetsuitslae is aan hulle voorsien om die dringendheid van skoon en suiwer waterverspreiding en beskikbaarstelling aan die verbruiker en die gemeenskap te beklemtoon.
Wat die Ncandurivier betref, is pertinent vermeld dat die watersituasie aldaar totaal onaanvaarbaar is. AfriForum sal voortgaan met toetse en het die munisipaliteit uitgenooi om deel te wees van sodanige aksie.
“Dit is uiters belangrik dat ons seker maak dat ons waterbronne nie besoedel word nie. Dorpe in KwaZulu-Natal is gebuk onder een van die droogste jare en ons sien soveel van die riviere wat met rou riool besoedel word,” het Eugene van Aswegen, AfriForum Streekskoordineerder, gesê.
AfriForum oorweeg streng optredes teen die skuldiges wat toelaat dat Newcastle se kosbare waterbronne besoedel word.
Ons wil van jou af hoor- stuur ‘n epos na ncschools@caxton.co.za, en sê vir ons hoe jy dink die munisipaliteit die probleem moet oplos.



