Utrecht water van hoë gehalte
Volgens lede van die Utrecht AfriForum tak is Utrecht se water veilig
Volgens lede van die Utrecht AfriForum tak is Utrecht se water veilig.
Die organisasie het op 7 Maart ‘n Blou- en Groenwaterdruppelprojek onderneem, rakende die verwoestende droogte en die skaarsheid aan water in Suid Afrika.
AfriForum glo plaaslike owerhede beskik nie oor die vermoë om bruikbare water te versprei nie.
“Dit gee daartoe aanleiding dat die kwaliteit van water drasties verswak, onder andere as gevolg van besoedeling.”
Op 7 en 8 Februarie, is die dorp se water volgens voorgeskrewe protokol getoets, en monsters is op verskeie plekke geneem, onder andere by die kleuterskool, die ouetehuis en die hospitaal.
Die rivierwater is ook op ‘n paar plekke getoets.
“Ons is bevoorreg om te kan berig dat Utrecht se rivier- en gesuiwerde kraanwater van hoë gehalte is,” se André Homann, takvoorsitter.
Volgens Mnr Homann is hierdie maar een voorbeeld van verskeie projekte wat AfriForum aanpak, tot voordeel van die breë gemeenskap.
Vir verdere inligting, skakel 083 278 1081 of stuur ‘n e-pos na riandre@crazyweb.co.za



