Local sportNewsSchoolsSport

Broers by die huis, opponente op die mat

Op Saterdag, 6 Februarie, bied Volksrust 'n No Mercy toernooi aan as deel van die Orange Grove KZN liga. Klubs teenwoordig: Newcastle cougars, Volksrust valke, Richardsbaai en die Noord Natal Renosters. Stoei van 'n hoë gehalte word gelewer deur die sowat 50 inskrywings.

Op Saterdag, 6 Februarie, bied Volksrust ‘n No Mercy toernooi aan as deel van die Orange Grove KZN liga. Klubs teenwoordig: Newcastle cougars, Volksrust valke, Richardsbaai en die Noord Natal Renosters. Stoei van ‘n hoë gehalte word gelewer deur die sowat 50 inskrywings.
Dawie en JC Botha en Johan en Tommy Bezuidenhout, twee stelle broers vorm deel van die Renosters se stoei span. Broeder liefde word hier tot op die uiterste getoets. Altwee stelle broers is omtrent ewe groot en mekaar se oefen maats. Maandag, Dinsdae en Woensdae aande is dit bloed en sweet op die oefen mat en Saterdae by kompitisies ondersteun hulle makaar. Al vier hierdie seuns het uitstekend gestoei en gestand gedoen aan ons klub se leuse ” no guts, no glory”.
Die Renosters oefen Maandae, Dinsdae en Woensdae van 5.30nm tot 7nm by Sarel Cilliers Hoërskool. Belangstellende seuns en dogters is welkom om te kom inloer. Stoei word bestempel as een van die oudste sportskodes wat daar is. Dis ‘n baie skoon sport maar erg kompeteurend en stel baie fisiese vereistes aan deelnemers. Vir navrae skakel Steven Brown 082 8808 629.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button