33 ste Sportweek vir 2de span hokkie
Die week was baie suksesvol vir die span gewees. Hulle het ‘n totaal van sewe wedstryde gespeel waarvan hulle vier gelykop gespeel het en drie gewen het.
Die 33ste sportweek vir die seniors op Dinsdag, 20 Maart 2016 afgeskop.
Vir die tweede hokkiespan van VHS was dit ‘n dag om na uit te sien. Die week was baie suksesvol vir die span gewees. Hulle het ‘n totaal van sewe wedstryde gespeel waarvan hulle vier gelykop gespeel het en drie gewen het.
“Hierdie is baie goeie uitslae juis, omdat hulle slegs teen eerste spanne gespeel het,” het die skoolhoof gesê.
Ontgroening was deur die week toegepas op al die juniors in die span en dit het gesorg vir goeie gees onder die spanlede.
“Die meisies het deur die loop van die week so baie geleer en daar word uitgesien om dit wat hulle geleer het toe te pas in die liga en PUK 16 reeks.”
Die span wil graag die volgende mense bedank vir hul oop harte en ruim bydraes:
Billy Dreyer, Johan Meeding, Kavan Naido, Elmarie Pieterse, Marisa Swart, Brad Taylor en Rall van der Merwe.
“Dit is vir ons ‘n riem onder die hart om die ouers se goedhartigheid te ervaar asook hul steun langs die veld, wedstryd vir wedstryd. Dit gaan werklik nie ongesiens verby nie.”
Die skool bedank ook elke juffrou en meneer wat gehelp het om van die week ‘n sukses te maak, ons sien uit vir die 34ste Amajuba Sport week in 2017.



