PUK-16 Semifinaal Rugby uitslae
Volksrust Hoërskool se rugbyspanne het Saterdag, 9 April aan die halfeindstryd van die PUK-16 kompetisie in Piet Retief deelgeneem.
Volksrust Hoërskool se rugbyspanne het Saterdag, 9 April aan die halfeindstryd van die PUK-16 kompetisie in Piet Retief deelgeneem.
Die spanne het hul uistekend van hul taak gekwyt. Die uitslae is as volg:
– Die onder 14 span wen Delmas met 69 – 0.
– Die onder 15 span wen Delmas met ‘n naelskraap oorwinning van 29 – 26.
– Die Volkies se tweede span wen Delmas met 24 – 17
– Die eerste span wen Delmas met 18 – 13.
Die eerste span se drieë word gedruk deur:
Branden Magudulela, Sean Davidson en Donell Griffits.
Tiaan Els slaag ook met ‘n mooi strafskop.
Die skoolhoof het die seuns gelukgewens en sterkte toegewens vir die finaal wat eerskomende naweek in Potchefstroom plaasvind.