Latest NewsNewsSchoolsBreaking News

Voorskool opgewonde oor nuwe apparaat

LMS se voorskoolse afdeling is baie trots op die nuwe apparaat wat spesiaal vir hulle gemaak is.

 

LMS se voorskoolse afdeling is baie trots op die nuwe apparaat wat spesiaal vir hulle gemaak is.

Die opgewondenheid was groot toe die apparaat afgelewer is en die kinders kon nie wag om daarmee te werk en speel nie. Van die apparaat is ideaal om die kinders se oog-hand koördinasie te ontwikkel terwyl daar gespeel word en om kleure te identifiseer. Ander apparaat is weer geskik vir vryspel en ontspanning. By LMS is net die beste goed genoeg vir ons kleintjies.

Wintersport: ‘n Baie aangename sportdag is teen Piet Retief Primêr op LMS se velde aangebied. Ons spanne het oor die algemeen maar swaar gekry, maar die hokkie-dogters het LMS se naam voorwaar hoog gehou. Uitslae is soos volg (LMS eerste genoem): Rugby- o/9 0-35, o/10 0-40, o/11 5-40, 2de 10-10, 1ste 10-37. Netbal – o/10 3-6, o/11 1-3, o/11 7-7, 4de 1-10, 3de 5-10, 2de 14-1, 1ste 21-7. Hokkie – 3de 0-0, 2de 1-0, 1ste 1-0.

Die juniors het die afgelope Saterdag aan ‘n minitoernooi deelgeneem wat deur Utrecht Gekombineerde Skool aangebied is. Ses skole was verteenwoordig en LMS se spanne het baie goed gevaar. Baie geluk aan elke leerling wat die skool so mooi verteenwoordig het.

Hokkie: Elf van LMS se dogters het die afgelope naweek aan die KZN-Binnelande proewe deelgeneem. Hulle van vergesel van Mevv vd Berg, Burger en Smit. Die dogters het pragspel gelewer. Die span sal later aangekondig word.

Ruitersport: Baie geluk aan Nina Terblanche wat by die KZN-Skolekompetisie puik in Ruitersport gevaar het. Sy spog met twee eerste plekke, ‘n derde-plek en ‘n vierde plek. Lise Terblanche in Gr R het ook deelgeneem en behaal ‘n eerste en ‘n tweede plek. Baie geluk met hierdie mooi prestasies.

Karate: Monique Lombaard het by die Noord-KZN Karatekampioenskappe twee tweede plekke verower. Sy neem eersdaags aan die SA-Kampioenskappe deel en ons wens haar sterkte toe.

Personeel: LMS is baie trots op mnr Pieter Aucamp wat gekies is om tydens die KZN-Rugbyproewe wat die komende naweek in Durban plaasvind, as skeidsregter op te tree. Hy is ook aangewys as skeidsregter vir die o/12 Cravenweek, wat ‘n besondere prestasie is. Mnr Aucamp het reeds verskeie gevorderde skeidsregterskursse suksesvol voltooi en word as ‘n gerekende skeidsregter in die provinsie beskou.

Program:

19 Mei – LMS Skaaktoernooi

19 – 21 Mei – KZN Rugbyproewe

20 Mei – KZN Netbalproewe.

Also Read:Lucas Meyer Primary School; 1st Day of School.

Find us on:FacebookTwitter, and on Whats App 060 986 0731.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button