
Volksrust Hoërskool se Graad 12 Afrikaans Huistaalleerlinge was vanjaar bevoorreg om twee produksies van hul voorgeskrewe werke te kon bywoon.
Op Vrydag, 13 Mei, het hulle die gewilde verwerking deur Andrè Stolz, Mis, by Hoërskool Ligbron in Ermelo bygewoon. Bekende en bekroonde akteurs, Amor Tredoux, Deidre Venter, Charlie Bougeunon en Trix Viviers het hul rolle uitstekend vertolk.
Dit was ‘n voorreg om deur sulke professionele mense vermaak te word, en dit was voorwaar ‘n puik produksie!
JPD Theatre & Events het op Donderdag, 19 Mei, ‘n produksie van die voorgeskrewe gedigte, Dig! by Hoërskool Ferrum in Newcastle aangebied.
Dit was ‘n slim en humoristiese verhoogaanbieding wat dialoog en storievertelling ingespan het as bespreking van die gedigte.



