Local newsNewsSportBreaking News

Vier podiums vir Vryheid

DIE afgelope naweek was die twede wedren in die Big 5 reeks in Empangeni.

 

DIE afgelope naweek was die twede wedren in die Big 5 reeks in Empangeni.

‘n Hele paar Vryheid bergfietsryers het in die pragtige roete gaan deelneem en die dag baie geniet. Jabulani Xulu and his nephew, Aphiwe were there, as always. Well done, you two. Other participants were Evy Haywood, Zauco van den Berg and Riaan Swanepoel.

Vier van ons helderste sterre het natuurlik weer Vryheid se naam hoog gehou deur podiums te vat. Ernest Franzen was eerste junior in die 45km. Sandra Haywood was twede algehele vrou en eerste in haar kategorie (45km). Lize Swanepoel was derde vrou in haar kategorie (45km). Francis van Rensburg was twede algehele vrou en eerste in haar kategorie in die 25km. Baie mooi gery almal. Ek vermoed daar het dalk anders ryers van Vryheid ook gery waarvan ons nie bewus is nie. Baie geluk!

Die volgende wedren vind plaas op 25 Junie by die Pionier Wildsfees op Dundee by Battlefields Lodge, van 9vm vir die 45km en 25km. ‘Flat and Fast’ Ingang R70 en wedren R50. Inskrywings op die dag. Sien julle daar, Vryheid. Hierdie wedren is vir almal

Find  us on:facebooktwitter, and on Whats App 060 986 0731

Also read;Vryheid Mountainbike Club – Fietsryers hou die Vryheid naam hoog …

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button