Pionier skuts uit die boonste rakke
DIE skuts het Vrydagoggend vertrek na Newcastle om te gaan deelneem.
Uitgereik deur Hoërskool Pionier
DIE skuts het Vrydagoggend vertrek na Newcastle om te gaan deelneem.
Die volgende skuts het KZN-kleure ontvang: Heinrich Harris, Jacques van Romburgh, Pieter Claassen, Rinus Wagener, Danie Christie, Johan Harris, Righardt van Zyl, FP van der Merwe, Zarles Duminy, Stephan Schutte, Cayla Putter en Thomas Kotze.
Verskeie trofeë en medaljes is toegeken en Pionier is trots op die leerders wat getriomfeer het. Baie geluk aan Heinrich Harris wat as die KZN seunskaptein aangewys is.
Die volgende skuts het individuele medaljes en trofee ontvang: Thomas Kotze ontvang drie silwer medaljes en een goud, Cayla Putter ontvang drie brons medaljes en een goud, Righardt van Zyl ontvang ses goue medaljes, Johan Harris ontvang twee goue en twee silwer medaljes, Rinus Wagener ontvang drie brons en een silwer medalje, FP van der Merwe ontvang twee brons medaljes, Jacques van Romburgh ontvang ‘n brons medalje, Gerhard Botes ontvang ‘n toekenning vir die verbetering van sy persoonlike beste, Marnus Muller ontvang ‘n silwer medalje, Pieter Claassen ontvang een goue, twee silwer en een brons medalje en Heinrich Harris ontvang vyf goue en een silwer medalje.
Saam met die medaljes is daar ook enkele van hierdie skuts wat trofees ontvang het.
Pionier behaal die groot trofee vir die volgende skoolspanne: Eerste plek vir o/14 veerspan, eerste plek vir o/14 sporterspan, eerste plek vir o/16 veerspan, tweede plek vir o/16 sporterspan, tweede plek vir o/21 veerspan, tweede plek vir o/21 sporterspan, tweede plek in die Top Veerklastrofee, tweede plek in die Top Sporter-kombinasie en Pionier eindig tweede algeheel as die Top Skyfskietskool.
7’s Rugby te Pietermaritzburg: Die 7’s rugbyspanne het die afgelope naweek aan n toernooi deelgeneem by Woodburn stadion in Pietermaritzburg en die spanne het soos volg gevaar: 1ste Span: Wen teen Ladysmith 42-0, Wen teen Hillcrest 21-14, Verloor teen Kearsney 14-32. In die Kwart-finaal wen hulle teen Westville 32-0 en in die Semi-finaal speel hulle gelykop teen Hillcrest 19-19, maar dit word as ‘n wen aangeteken omdat Pionier eerste gedruk het.
In die Einstryd wen hulle teen Kearsney, 17-7 en wen die Cup toernooi!
Tweede span: Wen 19-5 teen Kenia Division A, Wen 29-12 teen Linpark A, Verloor 14-17 vs Voortrekker A. Hulle speel in die Kwart-finaal teen Kearsney A en verloor 40-7.
o/15 : Verloor teen Northwood A: 20-12, Wen teen Northwood B : 20-12, Wen teen Voortrekker A: 18-12. Hulle speel in die Semi-finaal en verloor teen Westville: 24-12
Eerskomende naweek beloof om rugby van hoogstaande gehalte te lewer met die aanbied van die derde sewes toernooi waaraan Pionier se spanne deelneem.
Met die vorige toernooi was die tweede span as wenners gekroon en die afgelope naweek die eerste span. Kearsney sal verseker wil bewys dat hulle tops is en Pionier gaan verseker nie terugstaan nie. Een van die grootste toernooie in die RSA word op Pionier se velde aangebied. Kom ondersteun gerus ons 7’s spanne eerskomende naweek by Pionier, op 26 en 27 Augustus.
Kalender: 26 en 27 Augustus – 7’s Toernooi Pionier sportveld
If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 3930.
Also Find us on: Facebook, Twitter, and on WhatsApp 060 986 0731.



