Pionier verower drie PSG Super 8-titels
Pionier word as PSG Super 8-sportskool, hokkieskool en netbalskool vir 2026 aangewys.
Hoërskool Pionier het uitstekend tydens die PSG Super 8-reeks gevaar. Die finale rondte van die reeks het op Saterdag plaasgevind. Ons netbalspanne was besonder indrukwekkend met vyf oorwinnings en vyf eerste plekke, terwyl die hokkiespanne ook sterk vertonings gelewer het. Die rugbyspanne het goeie uitslae behaal en waardevolle plekke verseker.
Drie gesogte titels vir Pionier
As hoogtepunt vir die dag is Pionier as die PSG Super 8 hokkie- en netbalskool aangewys. Ons het ook die PSG Super 8-sportskooltitel vir 2026 verower.
Baie geluk aan al die spelers, afrigters en ondersteuners!
Hokkiedogters lewer sterk vertonings
• O/14A verloor teen Suidies: 0–1 (tweede plek)
• O/16A wen teen Hillcrest: 2–1 (eerste plek)
• Tweede span wen teen Hillcrest: 3–1 (eerste plek)
• Eerste span verloor teen Hillcrest: 1–3 (tweede plek)
Hokkieseuns verseker derde plek
• Seniorseuns wen teen Suidies: 6–1 (derde plek)
Netbalspanne oorheers die kompetisie
• O/14A wen teen Hillcrest: 11–10 (eerste plek)
• O/15A wen teen Suidies: 23–14 (eerste plek)
• O/16A wen teen Suidies: 17–11 (eerste plek)
• Tweede span wen teen Hillcrest: 21–7 (eerste plek)
• Eerste span wen teen Hillcrest: 29–20 (eerste plek)
Rugbyspanne sluit sterk af
• O/14A wen teen Hillcrest: 31–0 (derde plek)
• O/15A wen teen Hillcrest: 39–0 (derde plek)
• O/16A wen teen Suidies: 48–7 (derde plek)
• Tweede span verloor teen Suidies: 0–3 (tweede plek)
• Eerste span wen teen Hillcrest: 40–15 (derde plek)
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



