Editor's choiceLocal newsNews

Bloedoortappingsdiens legende se 132 almal uit…

"Gaan voort met julle goeie werk, dis 'n besonderse naastediens."

Een van die plaaslike legendes van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloedoortappingsdiens, Chris Gilder, het na 132 eenhede bloed wat hy persoonlik geskenk het, noodgedwonge aan die einde van sy skenkersloopbaan gekom toe hy sy laaste eenheid verlede week geskenk het.
Jenny Baney het aan hom een van die Diens se duursame penne oorhandig om die geleentheid te merk. Chris het so gereageer:
“Dankie, SANBS en Jenny. Dit was wonderlik om al die jare met julle personeel te deel. Ons het soos familie geword, en met die genade van die Hemelse Vader kon ek weer met julle deel.
“Ongelukkig moet ek nou medikasie gebruik wat veroorsaak dat ek nie meer bloed kan skenk nie.
“Gaan voort met julle goeie werk, dis ‘n besonderse naastediens.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button