Local newsNewsSchoolsBreaking News

Akademiese Toekenningsaand by Pionier

ONS berig met trots hierdie week oor Pionier se akademiese toekenningsaand wat plaasgevind het op 20 Oktober.

Uitgereik deur Hoërskool Pionier

ONS berig met trots hierdie week oor Pionier se akademiese toekenningsaand wat plaasgevind het op 20 Oktober.

Dr A janse van Rensburg was vanjaar se gasspreker. Sy is ‘n oud-leerling aan Pionier en het al vele akademiese hoogtes bereik in haar lewe. Die raad wat sy aan die leerders gegee het tydens haar spreekbeurt, is om “altyd net jouself te wees.”

Graag wens ons die volgende leerders geluk met hulle toekennings: Boet Bester trofee vir beste prestasie in graad 8: Marlie Smit, Trofee geskenk deur 1990 se graad 9’s vir beste prestasie in graad 9: Ryno Swanepoel, Trofee geskenk deur 1976 se graad 10’s vir beste prestasie in graad 10: Johanette Wilken, Beare’s Wisseltrofee vir beste prestasie in graad 11: Chezelle Stear.

Baie geluk aan Euné Bosch wat die volgende trofees gewen het vir verskeie prestasies: Jurie Mentz Wisseltrofee vir beste prestasie in Afrikaans, Wisseltrofee vir beste prestasie in Toerisme, Glenbar Wisseltrofee vir beste prestasie in Rekeningkunde, Riaan Kritzinger Wisseltrofee vir die beste prestasie in die VOO fase, Jan Slabbert Wisseltrofee vir die beste prestasie in Wiskunde, Elmar Venter Wisseltrofee vir beste prestasie in Rekeningkunde en Wiskunde gekombineer, Piet Venter Wisseltrofee vir beste prestasie in PHSC, KOBE Wisseltrofee vir beste prestasie in Wiskunde en PHSC gekombineer, Michelle Olivier Wisseltrofee vir beste prestasie in Wiskunde, Rekeningkunde en PHSC gekombineer. Euné deel ook die Griet Swart Wisseltrofee met Jana Grobbelaar vir die beste prestasie in Toerisme Prakties. Sy wen laaste, maar nie die minste nie, ook die Panasonic Skild vir die beste prestasie in graad 12.

Spesiale Toekennings is ook ontvang: Leerlingbestuurskommiteelid van 2016 dogter: Jenna Breedt, Leerlingbestuurskommiteelid van 2016 seun: Lourens Greyling, Veelsydigste graad 12 seun: Jaco Schutte, Veelsydigste graad 12 dogter: Euné Bosch en Wennerstrofee: Jenny-Lee Bouwer.

Geluk ook aan Pionier se nuwe hoofleiers van 2017: Koshuis: Onderhoofseun: Rikus Boshoff en Onderhoofdogter: Lara Dedekind. Hoofseun: Christiaan Smit en Hoofdogter: Mia van Rooyen. Skool: Onderhoofseun: Eric Louw en Onderhoofdogter: Lara Dedekind. Hoofseun: Christiaan Smit en Hoofdogter: Mia van Rooyen. By Pionier is ons geseën met pragtige kinders.

Kalender: 26 Oktober – Eindjaareksamen Matrieks.

If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 39 30.

Also Find  us on: FacebookTwitter, and on WhatsApp 060 986 0731.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button