Ingebruikneming van nuwe netbalbaan
LMS se nuwe harde-oppervlak netbalbaan is verlede week amptelik in gebruik geneem.
Uitgereik deur Lucas Meyer Primêre Skool
LMS se nuwe harde-oppervlak netbalbaan is verlede week amptelik in gebruik geneem. Verskeie wedstryde is tussen die 1ste-netbalspan, die damespersoneel, manspersoneel en selfs van die borge gespeel.
Die opening is waargeneem deur Zarina Knoetze, kaptein van die 1ste-span, en mnr Bruce Barsdorf, wat ‘n reuse aandeel in die projek se sukses gehad het. Baie dankie aan die borge wat hierdie pragtige byvoeging tot LMS se puik fasiliteite moontlik gemaak het.
ASA Atletiek: Die volgende atlete het goed gevaar by die ASA ligabyeenkoms te Durban die afgelope naweek: Chantel Breytenbach tweede 1200m o/11, Jaden van Eck o/13 tweede 200m en tweede 80m, Cole van Rooyen o/13 tweede Spiesgooi, JD Jonker o/13 derde Spiesgooi. LMS is trots op julle.
Program: 27 Oktober – Gr R Gradeplegtigheid, en 4 November – Gr 1 – Gr 3 Prysuitdeling.
If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 39 30.
Also Find us on: Facebook, Twitter, and on WhatsApp 060 986 0731.



