Local newsNewsSchoolsBreaking News

LMS Fase 1 prysuitdeling

ERKENNING vir 'n jaar se harde werk en sukses is aan die Fase-1 leerlinge gegee by die jaarlikse prysuitdeling die afgelope week.

ERKENNING vir ‘n jaar se harde werk en sukses is aan die Fase-1 leerlinge gegee by die jaarlikse prysuitdeling die afgelope week.
Die funksie was puik georganiseer en die personeel kan daarvoor gekomplimenteer word.

In sy boodskap het die hoof, mnr RS Kritzinger, dit benadruk dat kinders by Lucas Meyer ‘n gebalanseerde en eietydse opvoeding kry wat met vandag se realiteite rekening hou.

Die personeel se rol in die leerlinge se sukses is ook toegelig en dit is benadruk dat die personeel hul roeping elke dag met passie en genot uitleef.
Die ouers is ook gekomplimenteer vir hul bydrae tot die leerlinge en skool se sukses en dank is uitgespreek vir die gesonde verhouding wat daar tussen die skool en ouerhuis bestaan.
Die belangrikste gaste van die dag was die leerlinge wat met hul onberispelike en spontane gedrag, beïndruk het.

Baie geluk aan ons sterre, die leerlinge, wat so mooi gewerk het die afgelope jaar.

LMS en die ouers is trots op julle!
Trofeë is aan die volgende leerlinge vir puik prestasies oorhandig: Beste presteerder in gr 1 – Maronique Kapp, Beste presteerder in gr 2 – Keagan Keightley, Beste presteerder in gr 3 – Heynecke Stegen, Beste leser in gr 1 – Lana van Sittert, Beste redenaar in Eerste Fase – Edrich Burger.
Program: 10 November – Eksamen – Creative Writing, 10 November – Fase-2 Prysuitdeling, 11 November – Moo-Poo Pretdag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button