‘Dankie, Vryheid’
DIE ondersteuning wat Lucas Meyer Skool die afgelope jaar van die gemeenskap van Vryheid ontvang het, was oorweldigend.
Uitgereik deur Lucas Meyer Primêre Skool
DIE ondersteuning wat Lucas Meyer Skool die afgelope jaar van die gemeenskap van Vryheid ontvang het, was oorweldigend.
Baie dankie aan elke onderneming, individu en ouer wat nie geskroom het om die skool finansieel, met skenkings of ander hulp by te staan nie. Die sakegemeenskap het selfs onder moeilike besigheidstoestande, nie geskroom om die skool by te staan nie. Ons ouers het benewens finansiële bydraes ook spontaan hul hulp by funksies en sportgeleenthede aangebied. LMS sê graag, “Dankie, Vryheid!”
LMS is baie trots op die Dux-leerling van 2016. Ger-Mari Kruger het haarself op akademiese gebied onderskei en boonop aan ander skoolaktiwiteite deelgeneem. Sy ontvang die klasprys in gr 7M, asook die volgende vakpryse: Afrikaans, Engels, Wiskunde, Aardrykskunde, Geskiedenis en EBW. LMS is baie trots op Ger-Mari en wens haar en al 2016 se gr 7’s net voorspoed in die hoërskool toe.
If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 39 30.
Also Find us on: Facebook, Twitter, and on WhatsApp 060 9860 731.



