Local newsNewsSchools

Pionier slaggereed vir 2017

Met die aanvang van 2017 se skooljaar is Pionier opgewonde om die graad 8-leerlinge, nuwe leerlinge en die res van die skool, asook die onderwysers terug te verwelkom met ope arms.

Uitgereik deur Hoërskool Pionier

Met die aanvang van 2017 se skooljaar is Pionier opgewonde om die graad 8-leerlinge, nuwe leerlinge en die res van die skool, asook die onderwysers terug te verwelkom met ope arms.

Op Januarie 11, het ons afgeskop met graad 8 boeresport en die matrieks het die graad 8’s geleer hoe om Pionier se unieke dans te vervolmaak. Op Januarie 12 het die vrugtefees gevolg waar leerders mekaar vol waatlemoen en moelasse gesmeer het, daar was ook ? vrugtefees koning en -koningin gekroon onder die graad 8’s na afloop van die fees. Die graad 8’s gaan saam met die VLR kamp gedurende die komende naweek waar hulle die geleentheid gaan kry om te oefen vir die groentjiekonsert, wat plaasvind op Januarie 18.

Die leerlingbestuur en koshuisprefekte het met ywer op Januarie 5 vertrek op ? leierskamp na ATKV Drakensville. Die aktiwiteite wat hulle gedoen het tydens die kamp, het hulle baie verryk en hulle het geleë hoe om effektief as groep saam te funksioneer. Almal het hulle goed van hulle taak gekwyt en het uitdagings soos om vir die eerste keer te abseil voluit aanvaar. Dus is vanjaar se leerlingbestuur gereed vir die nuwe graad 8’s en die koshuisprefekte wag met groot opgewondenheid vir die nuwe inwoners.

Belangrike datums: Gr 8 Boeresport en matrieks leer gr 8 dans – Januarie 11, Vrugtefees en sokkie – Januarie 12, Gr 8 kamp – Januarie 13.

IF you have any interesting  stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on : 034 981 39 30.

Also Find us on: FacebookTwitter, and on WhatsApp 060  986 0731

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button