NewsSchools

Hoërskool Volksrust verwelkom twee nuwe personeellede

Sterkte vir die jaar wat voorlê. Mag u baie seën by Volkies geniet.

VOLKSRUST – Baie welkom aan mnr. Sebastiaan Rothmann en me. Karlie van der Westhuizen in die personeelkorps van Hoërskool Volksrust.

Mnr. Rothmann het in 2013 gematrikuleer by Hoërskool Piet Retief, waarna hy ? studente onderwyser was by Unisa met Wiskunde Geletterdheid as hoofvak.
Hy is ? passievolle sportman en sien uit na die uitdagings wat Hoërskool Volksrust bied.

Read: Hoërskool Volksrust se skitterende skeidsregters

Me. Van der Westhuizen het in 2012 gematrikuleer aan die Hoërskool Volksrust.
Hierna werk sy vir ‘n jaar by Ligbron Akademie vir Tegnologie terwyl sy Onderwys studeer.

In 2014 besluit sy om Sielkunde ook te studeer en ontvang einde 2016 haar graad, nadat sy vir twee jaar werksaam was by Privaatskool Amajuba.
Sy is tans nog ‘n ingeskrewe student by Unisa, aangesien sy haar Honneurs BA Sielkunde hierdie jaar voltooi.

Sterkte vir die jaar wat voorlê. Mag u baie seën by Volkies geniet.

Also see: Congratulations Michelle

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button