NewsSchool sportSchoolsSport

Pionier Interhuis lewer goeie talent op

Die jaarlikse interhuis is gehou op Januarie 19, waar die leerders intern teen mekaar moes kompeteer, en is op ‘n goeie noot afgesluit.

Uitgereik deur Hoërskool Pionier

VANJAAR se interhuisbyeenkoms is voorsien van die mooiste sonskyndag, met geen wolkie in sig nie.

Die jaarlikse interhuis is gehou op Januarie 19, waar die leerders intern teen mekaar moes kompeteer, en is op ‘n goeie noot afgesluit. Die leerders het uitstekend presteer en die uitslae lyk voor die wind.

Die volgende leerders het bekers ontvang vir onderskeie prestasies: Langafstand Junior seun – Stephan Schutte, Langafstand Junior dogter – Anrie Janse van Rensburg, Langafstand Senior seun – Christiaan Zietsman, Langafstand Junior Dogter – Lorma Janse van Rensburg, Theuns Beleggings Naellope Ope Seuns – Jacques Lindeque, Ds. Pieter Basson Naellope Ope Dogters – Natasha Kleyn, Herman Combrinck Velditems Ope Seuns – Waldo Durand, Velditems Ope Dogters – Natasha Kleyn, Spiesgooi – Rozelle Burger, D Wenning Spiesgooi Ope Seuns – Waldo Durand, Klopper Hoogspring – Johanette Wilken, M. Fourie Senior Hekkies – Tina Kleinhans, D. Wenning Junior Hekkies – Kayla Bekker, D. Wenning Ope Seuns Hekkies – Jacques Lindeque, A. Venter Skyfwerp – Zandrie Meyer, Verspring Ope Seuns – Tommie Abrams, Hoogspring Ope Seuns – Tommie Abrams, Gewigstoot Ope Seuns – Divan Bezuidenhout, Aflos 4×4 Ope Seuns – De Wet (wenlaer) Saambou Senior Victor Ludorm – Jacques Lindeque, Senior Victrix Ludorm – Natasha Kleyn, Junior Victor Ludorm – Estiaan Botes, Senior Victrix Ludorm – Kayla Bekker.

Dan was daar ook tyd vir die pret deel van die dag: De Wet is gekroon as die seuns wenlaer van die dag met De La Rey in die tweede plek en Beyers in die derde plek. Die dogters wenlaer was Minjonet met Ixia in die tweede plek en Disa in die derde plek. Die kombinasie wenlaer vir die dag was DeWixia met Delarette kort op hulle hakke in die tweede plek en Beydisa in die derde plek.

Ons bedank graag elke organiseerder, ouer, onderwyser en leerder wat bygedra het tot ‘n suksesvolle Interhuis 2017.

Kalender: Januarie 25: Interhuis Swemgala, Januarie 27: Skyfskietliga.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button