Uitgereik deur Lucas Meyer Primêre Skool
DIE nuwe personeel wat vanjaar by LMS aangesluit het, het reeds mooi ingeskakel en getoon dat hulle beslis waarde tot die skool sal byvoeg.
Weereens baie welkom aan Mevv A Vermaak, C Meyer en aan Mnr W Smith.
Sport: Vier personeellede en ses leerlinge het die afgelope naweek ‘n Hokkie-afrigterskursus by VHS bygewoon. Die kursus was baie goed georganiseerd en was beslis die moeite werd om by te woon. Dankie aan VHS vir die geleentheid.
Verskeie swemmers het op Januarie 23 aan die Zululand-uitdunne vir swem by Hoërskool Pionier deelgeneem. LMS se leerlinge het goed gevaar. Uitslae sal volgende week gepubliseer word.
Die wintersporte is tans met hulle onderskeie proewe besig. Die leerlinge en personeel is baie entoesiasties en ons sien uit na ‘n aangename en suksesvolle sportseisoen.
KDD-Stelsel: ‘n Baie suksesvolle inligtingsaand oor die skool se nuwe dissiplinestel is deur ‘n groot getal ouers bygewoon. Ouers, leerlinge en personeel is nou ‘n gedugte span wat saam dissipline met deernis kweek. Die klem op ‘n positiewe en opbouende benadering saam met die toepassing LMS se nege waardes, gee erkenning aan die leerlinge se waardigheid en dra by tot hulle groei tot volwassenheid.
Johan Smit: Dié bekende spreker besoek Vryheid op Februarie 2 en alle ouers en lede van die publiek word hartlik uitgenooi om na hom te kom luister. Belangstellendes kan Mev Surita Duminy by 034 982 1198 skakel.



