Interlaer-gala lewer swemtalent op
BY vanjaar se interlaer swemgala wat op Januarie 25 plaasgevind het, het die storms gedreig, maar lank genoeg weggebly sodat die byeenkoms afgehandel kan word.
Uitgereik deur Hoërskool Pionier
BY vanjaar se interlaer swemgala wat op Januarie 25 plaasgevind het, het die storms gedreig, maar lank genoeg weggebly sodat die byeenkoms afgehandel kan word.
Steeds is ons baie dankbaar vir die wonderlike bui reen wat net daarna losgebars het en ons aarde gevoed het.
Baie geluk aan al die swemmers met hul puik prestasies. Hulle het die volgende trofeë ontvang: T van Aardt Wisseltrofee dogters o/14: Aneen Nel, LM Botha Wisseltrofee seuns o/14: Estiaan Botes, Bobby Aucamp Wisseltrofee dogters o/15: Berné van Heerden, Cobus Aucamp o/15 Wisseltrofee: Arnau Bosch, JP Willemse Wisseltrofee dogters o/16: Jana Schoeman, Joe Marais Wisseltrofee seuns o/16: Muller Smith (geluk ook aan Muller met die rekord wat hy gebreek het in die seuns o/16 Borsslag), 4U Carpetcleaners Wisseltrofee vir dogters o/16 wisselslag: Jana Schoeman, Maudi Welken Wisseltrofee vir seuns o/16 wisselslag: Muller Smith, Husqvarna Wisseltrofee dogters o/17: Tanya van Biljon, Husqvarna Wisseltrofee seuns o/17: Jaco Lourens, Junior dogters Wisseltrofee vir 50m Vlinderslag: Berné van Heerden, Junior seuns Wisseltrofee vir 50m Vlinderslag: Phillip Lourens, Emile van Wyk Wisseltrofee vir senior dogters 50m Vlinderslag: Natasha Kleyn, Jacques van Wyk Wisseltrofee vir senior seuns 50m Vlinderslag: Christiaan Smit, Wiesie le Roux Wisseltrofee vir senior dogters 100m Vryslag: Natasha Kleyn, J.H.B van Aardt Wisseltrofee vir senior seuns 100m Vryslag: Tommie Abrams, James Landsberg Wisseltrofee vir senior dogters 100m Rugslag: Natasha Kleyn, Hester Delport Wisseltrofee vir senior seuns 100m Rugslag: Christiaan Smit, Heinz Egly dogters o/19 Wisseltrofee vir Wisselslag: Natasha Kleyn, Vryheid Nissan seuns o/19 Wisseltrofee vir Wisselslag: Christiaan Smit. Daar is ook aflos geswem en die wenlaer was Dewixia.
Junior Victrix Ludorm: Berné van Heerden ontvang die Ina Terblanche Wisseltrofee en sy breek ook 3 rekords by dogters o/15 (onderskeidelik in die 50m Vryslag, 50m Vlinderslag en 50m Rugslag). Senior Victrix Ludorm: Natasha KIeyn ontvang die Ina Cronjé Wisseltrofee.
Junior Victor Ludorm: Estiaan Botes ontvang die Dixie Terblanche Wisseltrofee. Senior Victor Ludorm: Christiaan Smit ontvang die African Eagle Wisseltrofee.
1ste Netbalspan bedank graag borge: Dankie aan die volgende instansies en hulle verteenwoordigers wat hulle weg oopgesien het om Pionier se 1ste Netbalspan te borg: mev Kotze van ZigZag Haarsalon, mev Smith van Vryheid Staal, mev Stander van Mr Matata en mnr Grobbelaar van FNB. Die bogenoemde persone het die onderskeie instansies verteenwoordig toe die borge oorhandig is tydens Maandagoggend se saalopening. Ons glo en vertrou dat Pionier nog ‘n lang pad saam met hierdie onderskeie instansies sal stap.
Program: Februarie 2 – NKZN-Atletiek Uitnodigingsbyeenkoms te Pionier sportvelde, Februarie 4 – Hermansburg Mudman te Hermansburg.
If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 39 30.
Also Find us on: Facebook, Twitter, and on WhatsApp 060 9860 731.



