Goeie prestasies deur klublede
VERSKEIE lede van Vryheid Atletiekklub het die naweek va die 27ste Januarie goed presteer.
Uitgereik deur Vryheid Atletiekklub
VERSKEIE lede van Vryheid Atletiekklub het die naweek va die 27ste Januarie goed presteer.
Michael Richards het in Oos-Londen aan die baie moeilike “Half Ysterman”-kompetisie deelgeneem. Michael het die 1,9km swem, 90km fietsry en 21km draf, in ’n baie goeie totale tyd van 7h27m voltooi. Baie geluk aan Michael, ons as klub is baie trots op jou puik prestasie.
Tydens die Volksrust 5-in-1 die afgelope Saterdag, het ons klub ook weer sy stem dik gemaak en goeie prestasies is gelewer. Bongani Msimango het die 42km vir mans gewen in ’n baie goeie tyd van 2h47m20s en daarmee die eerste prys losgeslaan. Casper Louw het die marathon ook in ’n goeie tyd van 4h04m voltooi. In die 32km vir mans het ons klub se mans ook baie goed gevaar: Mishak Ledwaba (2h41m) eindig 8e en 2de in sy ouderdomskategorie; so ook Ramon Purchase (2h43m) 11de en 4de in sy ouderdomsgroep; Hein Potgieter (2h47m) 14de en 1ste in sy ouderdomskategorie. Ronel en Marlene Bean het ook die afstand in 3h40m voltooi. In die wedloop oor 21km het Amanda Bothma (2h11s) 8ste en 4de in haar ouderdomskategorie gekom en Cathy de Beer (2h29s) 24ste en 1ste in haar ouderdomskategorie. In die wedloop oor 10km vir vrouens het Eralda Potgieter (1h12s) 22ste en 6de in haar ouderdomsgroep geëindig en in die 10km vir mans het Johann Coetzee (65m20s) 19e en 1ste in sy ouderdomskategorie gekom. Baie geluk aan al hierdie klublede.
Ons wil graag die volgende wedlope se datums onder ons lede se aandag bring: Maandag, Februarie 13 – Valentynswedloop vanaf Dee’s Restaurant en Pub (2,5/5km): Februarie 18 – die Assegaai Marathon op Piet Retief (10/21/42km); Februarie 26 – Witness MedihelpMaritzburg City Marathon (42km); Maart 4 – ThirstiBattlefields 4-in-1 (Newcastle – 10/21/42km); Maart 11 – PwC Kosmos 3-in-1 (Secunda – 10/21/42km); Maart 21 – Die Standerton Goldi 4-in-1 (4.9/10/21/42km); Maart 26 – Willem Boshoff Herdenkings Wedloop (GoodersonNatal Spa – 10/21/42km).
Alle lede word herinner daaraan dat daar vanaand geen tydtoets plaasvind as gevolg van die feit dat die Noord-Natal Hoërskole se interskole atletiekbyeenkoms by Hoërskool Pionier plaasvind. Die klub sal wel tussen 6nm en 6:30nm oop wees vir lede wat graag hul lisensies wil kom haal en hul klubgelde wil betaal. Daar sal Saterdag weer die normale “Clubrun” vanaf Stegen’s Garage (5vm), plaasvind.
If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 39 30.
Also Find us on: Facebook, Twitter, and on Whatsapp 060 986 07 31.




