NG Moderator besoek Moedergemeente, Dundee
Dit is seker die eerste geleentheid waar kerkrade die geleentheid het om op 'n informele geleentheid in gesprek te kan tree met die Moderator van die NG Kerk en om hul eie vrae aan hom te vra.
Die Moderator van die NG Kerk van Suid-Afrika, ds Nelis Janse van Rensburg besoek die NG Gemeente Dundee op Sondag, 12 Februarie en Maandag, 13 Februarie.
Sy besoek is spesiaal gereĆ«l om saam te val met die Eeufeesjaar van die Gemeente. Die tema wat hy by drie geleenthede gaan bespreek is “Hoop vir die Kerk”. Dit gaan veral aansluit by die tema wat hy met die afgevaardigdes hanteer het tydens die Natalse Sinode gedurende Oktober 2017. Hy tree op tydens die Sondag met die oggenddiens om 9vm die aanddiens om 6nm en weer die Maandagand om 6:30nm.
Wat veral iets besonders behoort te wees is dat daar op Sondag 12 Februarie 2017 om 3nm ‘n gespreksgeleentheid is waarheen alle kerkraadslede (gewone lidmate en predikante is egter ook welkom) genooi word om eerstehands te kom hoor waarmee die NG Kerk haarself by monde van sy strukture besig hou. Dit is seker die eerste geleentheid waar kerkrade die geleentheid het om op ‘n informele geleentheid in gesprek te kan tree met die Moderator van die NG Kerk en om hul eie vrae aan hom te vra. Ons wil graag alle kerkraadslede wat kan uitnooi na hierdie geleentheid.
Die Gemeente nooi enige persoon uit om die geleenthede te kom bywoon aangesien dit beloof om werklik iets besonders te wees. Dit sal waardeer word indien iemand net die Kerkkantoor kan laat weet van hul besoek sodat voorsiening gemaak kan word vir voldoende verversings.
Vir inligting kan u die volgende persone skakel of WhatsApp: Kerkkantoor: Jorieta Lauwrens 034 212 1919 of Ds Arnold Nadel 082 673 8787.



