‘n Groot gees groet
" Aan ons Hemelse Vader, dankie vir 'n wonderlike moeder aan ons geleen vir bykans 97 jaar."
‘n Groot gees van Dundee, Freda Nel, het op Vrydag, 3 Februarie, hierdie wêreld vaarwel toegeroep. Die plaaslike Malanfamilie het gese:
“Sy was ‘n merkwaardige vrou met menige talente, en het altyd ‘n oop hand gehad vir minder bevoorregte mense.
Dankie aan dr. Jan Fourie en personeel vir onbaatsugtige diens en bystand aan haar en familie gelewer. ‘n Groot dank aan die personeel van Eventide vir die liefdevolle en simpatieke wyse waarop sy vir die afgelope 13 jaar versorg was. Aan ds. Arnold Nadel en broer Daniel dankie vir jul besoeke en opbeurende gesprekke en gebede. Aan ons Hemelse Vader, dankie vir ‘n wonderlike moeder aan ons geleen vir bykans 97 jaar.”
Begrafnisreëlings: Vrydag, 10 Februarie, 11vm. Ter aarde bestelling (Dundee begraafplaas). 12nm Diens NG Kerk Dundee (Moedergemeente).



