Pionier is dankbaar vir Ondersteuning
GRAAG maak Pionier van die geleentheid gebruik om al die vrygewige borge te bedank wat die eerste rugbyspan geborg het.

GRAAG maak Pionier van die geleentheid gebruik om al die vrygewige borge te bedank wat die eerste rugbyspan geborg het.
Ons sien uit vir 2017 se sportseisoen en weet dat dit ‘n suksesvolle seisoen sal wees met al u ondersteuning.
Swemmers presteer: Gedurende die naweek van Januarie 28 en 29, het van Pionier se swemmers aan die Ushaka Long Course Gala, wat in ‘n 50m swembad geswem word, deelgeneem. Hulle het soos volg presteer: Berné van Heerden ontvang ‘n goue medalje en sy stel ‘n nuwe rekord op in die 100m Rugslag.
Muller Smith ontvang drie brons medaljes onderskeidelik vir die 50m vlinderslag, 200m wisselslag en die 100m borsslag.
Hy ontvang ook twee silwer medaljes, onderskeidelik vir die 50m borsslag en die 200m gemengde vryslag-aflos. Henry van Wyk ontvang twee brons medaljes, onderskeidelik vir die 100m en 200m rugslag en ‘n silwer medalje vir die 200m gemengde vryslag-aflos. Dirk Grobler ontvang ‘n brons medalje vir die 50m rugslag en silwer medalje vir die 100m rugslag. Marla Smit ontvang ‘n goue medalje vir rugslag.
NKZN-Atletiekbyeenkoms: Pionier het op Februarie 2, die NKZN-Atletiekbyeenkoms aangebied waar onderskeie skole van Natal uitgenooi is om deel te neem. Baie geluk aan die volgende atlete wat presteer het: Shanté Veldsman 1ste (gewigstoot), Zandri Meyer 1ste (gewigstoot, diskus), Elré Koortzen 3de (gewigstoot), Geoanie Schwartz 3de (gewigstoot), Isabel Labuschagne 1ste (diskus), Tina Kleynhans 2de (100m hekkies), Kayla Bekker 2de (100m, verspring) en 3de (200m),
Johanette Wilken 1ste (hoogspring, verspring), Caitlyn Keightley 2de (1500m), Kayla Vermaak 3de (gewigstoot), Jacques Lindeque 1ste (100m, 200m), Divan Bezuidenhout 1ste (gewigstoot, diskus) en 2de (spiesgooi) en 3de (hoogspring), Tommie Abrams 2de (hoogspring), Wildré van der Berg 3de (1500m), Quinton Viljoen 1ste (110m hekkies), Ruan Muller 3de (200m), Eckhart Potgieter 3de (200m), Jacques Erwee 1ste (diskus) en 2de (gewigstoot), Estiaan Botes 1ste (gewigstoot) en 3de (hoogspring, 100m hekkies), Marno Crathorne 2de (400m), FP de Villiers 1ste (diskus), 2de (gewigstoot), Stephan Schutte 1ste (800m), 2de (1500m), Christiaan Zietsman 1ste (1500m), Hardus van der Merwe 2de (diskus), Jaunré Botes 3de (gewigstoot), Nantus Davel 2de (1500m), Elmar Koekemoer 3de (800m), Dihan Kruger 3de (diskus),
Roland Breedt 3de (1500m), Hendri Bruyns 3de (hoogspring), Charles Meintjies 3de (spiesgooi), Cornelius Opperman 2de (verspring), Phillip Lourens 3de (verspring), Marnus Christie 3de (spiesgooi), Natasha Kleyn 1ste (gewigstoot), 2de (diskus), 3de (100m), Lorma Janse van Rensburg 3de (800m), Anja Opperman 1ste (100m hekkies), Rozelle Burger 3de (spiesgooi) en René Coetzer 2de (200m) en 3de (verspring).
Kalender: Februarie 8 – Aflos Atletiek, Februarie 10 – Gretha Wiid (Motiveringsspreker), Februarie 11-12 – Midmar Myl, Februarie 11 – Atletiek (Piet Retief).
If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 39 30.
Also Find us on: Facebook, Twitter, and on WhatsApp 0609860 731.



