Ichthus se Hayden gekies vir KZNCSSA span
Hayden het van jongs af groot potensiaal op die krieketveld getoon.


Op Saterdag Februarie 25 het Ichthus se Hayden Caldecott aan die KZNCSSA krieketproewe te Victory Christian Academy in Durban, deelgeneem.
Baie geluk aan Hayden wat vir die KZNCSSA-span gekies is om die SACSSA krieketweek in Vanderbijlpark vanaf 3 tot 8 April te gaan bywoon!
Hayden het van jongs af groot potensiaal op die krieketveld getoon. Hy is aangewys as die beste junior krieketspeler in graad 4 en 5 en die beste senior krieketspeler in graad 6. Hayden het sy KZNCSSA-kleure vir krieket vir die afgelope 3 jaar verwerf en sy SACSSA-kleure in 2016 gekry.
Die Skool wens Hayden alles van die beste toe gedurende die SACSSA krieketweek en dank die Here vir sy talente!



