ATKV besoek Dundee Kleuterskool
Na die kuiertjie in die klasse en saam met die kleuters, was dit die taklede se beurt om bederf te word met heerlike eetgoed en koffie en tee. So is die dag afgesluit met die heerlike verversings.
Om Jeugdag te vier, het die ATKV Glencoe tak besluit om hierdie jaar die Dundee Kleuterskool te besoek. Hulle sou vir elke kleuter in die skool ‘n suiglekker en ‘n klein sjokoladetjie oorhandig. Die taklede was baie opgewonde en op ‘n koue wintersoggend, Woensdag, 21 Junie 2017, het daar nege taklede by die skool opgedaag om ‘n heerlike oggend saam met die kleuters deur te bring.
Die taklede is baie vriendelik verwelkom deur die hoof, mev Brenda Viljoen, en die sekretaresse, mev Maggie Stone, en dadelik het hulle opgewonde uitgesien na ‘n besondere gesellige dag by die Kleuterskool. Daar is eerstens na die klasse gegaan om die kleuters se werk te besigtig en te sien wat die kleuters vermag in die klas.
Daar is buite saam met die kleuters gespeel en gesels. Die kindertjies was baie opgewonde om al die speelgoed en aktiwiteite aan die volwassenes te verduidelik. Die taklede het ook baie vrae gevra oor hulle aktiwiteite en agter gekom hulle leer so speel-speel.
Daar was ook plastiese spinnekoppe, miere en muise, waar die kleuters dit baie geniet het om die grootmense bang te maak. Van die kleuters het dit geniet om in ‘n ou motor te speel en natuurlik was daar ook ‘n bestuurder wat daarvan gehou het om speel-speel die passasiers te karwei.

liedjie vir die ATKV lede te sing
Die veiligheid van padreels was baie belangrik en elke kind wat met ‘n fietsie gery het, het geweet waar om te stop by die stopteken. Hulle ken ook die kleure van die robot wat in werking is en die ATKV taklede is baie beindruk dat hulle presies weet wat om te doen by die robot. So leer die kleuters al van vroeg in hulle lewe hoe om padreels te gehoorsaam en te gebruik.
Die groot plaastrekker het ook sy voorkeur kindertjies gehad wat op die trekker gesit het en speel-speel rondgery het op die plaas.
Die klimrame en swaaie was vol kinders wat daar gespeel het. Selfs binne-in ‘n tent was kindertjies wat gespeel het. Dit was baie interessant om te sien hoeveel verbeelding die kleuters het as hulle speel.

Slabbert, Mev Dina Jacobs, Mev Dorea Coetzee, Mev Jeanette Boshoff, Mev
Therona Ferreira, Mev Jossie Pelser.
Teen hierdie tyd het ‘n onderwyseres die kinders bymekaar geroep om in stilte, met die vingertjies voor die mond, na die klasse terug te keer. Nou was dit tyd dat die taklede gaan luister na die liedjies wat die kleuters van elke klassie sing. Die kleuters het uit volle bors gesing en dit baie geniet as die volwassenes vir hulle aan die einde hande geklap het. Die glimlaggies op hulle gesiggies was genoeg waadering om te wys hoe hulle ook die dag geniet het. Die lekkers is op hierdie stadium, na die pragtige sang, aan elke klasonderwyseres oorhandig sodat sy dit weer vir die kleuters kon gee op die regte tyd.
Na die kuiertjie in die klasse en saam met die kleuters, was dit die taklede se beurt om bederf te word met heerlike eetgoed en koffie en tee. So is die dag afgesluit met die heerlike verversings.
Die ATKV wil graag vir Mev Brenda Viljoen en haar personeel, (sekretaresse, onderwysers en assistente) bedank vir ‘n baie aangename oggend. Dit was ‘n dag wat nog lank onthou sal word en oor gepraat sal word.



