Editor's noteLocal newsNews

Pastoor wat uit Oman moes vlug vind romanse

Einde April hierdie jaar is hy vrygelaat en teruggestuur Suid-Afrika toe nadat sy ma geld vir sy vliegtuigkaartjie kon verskaf.

Nico Liebenberg. Suid-Afrikaners sal hom onthou as die sendeling wat in Oman aangehou was na verskeie dispute oor onbetaalde salarisse en verdwene werkgewers, en ‘n vlugtog voor die plaaslike gereg.
Nico Liebenberg is die sogenaamde ingenieur-sendeling wat ‘n Christelike internet-radiostasie begin terwyl hy in die Midde-Ooste was.
Verskeie Suid-Afrikaanse koerante en webwerwe het sedert 2015 al begin berig doen oor sy wel en weë in Oman. Sy vrou, Corné, en haar seun, Jacques, was saam met hom betrokke gewees in hierdie voorval. Hy het na bewering versekei kere gepoog om geld wat aan hom verskuldig was, terug te kry, en het vroeër hierdie jaar na Oman teruggekeer vir ‘n hofsaak in hierdie verband. Die Omani-owerhede het hom egter arresteer, maar hy kon sy vrou en seun laat waarsku. Hulle het betryds by die Suid-Afrikaanse ambassade in Muskat aangeklop om hulp, en is teruggestuur na Suid-Afrika. Sy moeder moes hom egter later oor die foon inlig dat sy vrou Corné siek geword het, en in ‘n hospitaal in Gauteng oorlede is.
Einde April hierdie jaar is hy vrygelaat en teruggestuur Suid-Afrika toe nadat sy ma geld vir sy vliegtuigkaartjie kon verskaf. In Julie hierdie jaar het hy Lizelle Tack, van Dundee, ontmoet, en is tans in ‘n verhouding met haar. Hulle is verloof, en beplan om volgende jaar te trou. Lizelle bly in Bethlehem, Vrystaat, en Nico in Virginia.
Sy kontak besonderhede; nico@rainbowgr.com of tel. 064 807 8231.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button