Editor's noteLocal newsNews

ATKV se Valentines geskenk aan SAPD

Die ATKV se liefdevolle werk gaan van krag tot krag.

Op 14 Februarie het die ATKV (Glencoe Tak) ‘n donasie van kinderklere en damesklere aan die Eenheid van die SA Polisie vir Gesinsgeweld en Kinderbeskermings- en Seksuele-oortredings gegee.
Dorea Coetzee (Sekretaresse), het die kinderklere (hempies, langbroekies, kort broekies, nagklere en skoene) geneem na die kantore van die Suid-Afrikaanse Polisie se eenheid vir Kinderbeskerming.
Die donasie is aan Sonja Stander oorhandig. Die lede van hierdie eenheid was baie dankbaar dat die ATKV jaarliks aan hierdie eenheid dink met hulle gemeenskapswerk. Hulle het die donasies baie nodig om hulle werk volkome te kan doen.
Die ATKV se liefdevolle werk gaan van krag tot krag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button