Pionier groet ‘n legende
Daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. Mevrou Aletta Aucamp se tyd om te gaan, het na amper 34 jaar se diens by Hoërskool Pionier aangebreek.

Uitgereik deur Hoërskool Pionier
Ons groet:
Daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. Mevrou Aletta Aucamp se tyd om te gaan, het na amper 34 jaar se diens by Hoërskool Pionier aangebreek. Pionier gaan Juffrou beslis mis, veral in die wiskundeklas. Juffrou het diep spore by ons skool en in ons harte getrap. Ons bid vir Juffrou ‘n geseënde aftrede toe. Geniet die rustyd saam met Juffrou se gesin. Ons groet so ook vir mevrou Simoné Potgieter wat ons skool verlaat. Ons wens ook vir haar die beste toe vir die nuwe hoofstuk.
Uitslae teen Empangeni:
Pionier het die afgelope naweek ‘n tuiswedstryd teen Hoërskool Empangeni gespeel. Pionier het die hef in die hand gehad.
Hokkie: O/14 4-0, O/16 9-0, 2de 5-0, 1ste 4-2 1ste seuns 1-1. Netbal: O/14 13-16, O/15 17-11, O/16 21-10, 2de 19-8, 1ste 29-20. Rugby: O/14 20-19, O/15 29-12, O/16 55-12, 2de 62-3, 1ste 86-0.
Platteland-Rugby:
Die volgende seuns gaan aan die volgende ronde Natal Platteland proewe op 23 Mei deelneem: O/18: Louis Theron, Benjamin Pretorius, Hardus van der Merwe, FP de Villiers, Klopper Opperman, Christiaan Zietsman en DJ Koekemoer. O/16: Arnau Bosch. Baie sterkte manne, ons hou styf duim vas!
ATKV-Redenaars:
Baie sterkte aan ons Redenaars wat 18 Mei aan die semi-finale ronde gaan deelneem te Port-Natal, Durban.
Opedag 2018
Wat ‘n reuse sukses. Baie dankie aan elke onderwyser en leerling wat van die dag ‘n sukses gemaak het. Ons opregte dank en waardering gaan uit aan elke liewe leerling en ouer van wyd oor Noord-Natal wat dié dag bygewoon het.



