Local newsNews

Opkomende skrywer maak eerste boek debuut

Rachel skryf kort verhale gebaseer op ondervindinge wat sy self ervaar het. Sy kry inspirasie van goed wat sy gesien en beleef het, en hoe dit haar geafekteer het.

Rachel Minnaar het nog altyd ‘n liefde vir skryf.

Sy het in hoërskool vir die eerste keer stories begin skryf, en van toe af lief geword om verhale te skryf en woorde bymekaar te sit. Sy het net geskryf omdat sy dit geniet het, en niks veel verder daaroor gedink nie.

Haar eerste verhaal wat sy ooit geskryf het, was toe sy in Graad 10 was. Die verhaal maak ook sy eerste debuut in haar nuwe boek getitel Vertroue, Liefde, Geloof.

Rachel skryf kort verhale gebaseer op ondervindinge wat sy self ervaar het. Sy kry inspirasie van goed wat sy gesien en beleef het, en hoe dit haar geafekteer het.

“Wanneer mense die stories lees, moet hulle weet dat hulle nie alleen is nie, en dat daar ander mense is, wat deur die selfde situasies gaan.”

Hierdie werklike ondervindinge gee lewe aan haar verhale, en dis wat aandag getrek het van grooter media huise.

Die reis na publikasie:

Rachel deel gereeld uittreksels van uit haar verhale op Facebook, en dis hoe sy ontdek is.

‘n Bekende skrywer het haar ongelooflike skrewe gesien, en vir Rachel bemoedig om ‘n paar van haar stories in te stuur na ‘n uitgewersmaatskappy in Pretoria. ‘n Paar dae daarna het sy ‘n oproep ontvang van `n uitgewer, wat sê hulle is diep geintereseerd om haar boek te publiseer. Die angstige Rachel kon nie glo wat besig was om met haar te gebeur nie.

“Ek het nooit gedink iemand sal sê hulle wil hierdie publiseer nie.”

Rachel sê Martin, haar twee-jarige seun, is haar inspirasie. Hulle spandeer elke minuut van elke dag saam en sy kyk na hom met groot liefde. Die goed gemanierde heer is pragtig en het `n sagte geaardheid, iets wat hy seker van sy ma geërf het.

Tans bly hulle op Grey Goose Game Lodge, waar hulle die natuurlike omgewing geniet saam met die diere, in die vars lug en ope veld. Elke skrywer se idee van `n paradys! Rachel hoop dat hierdie net die begin van baie goeie en groter dinge is. Sy begeer om meer boeke uit te kry in die toekoms, en ‘n bekende skrywer te word.

“Ek het ‘n baie goeie gevoel in my hart dat dié boek goed sal doen.”

Hierdie naweek is haar amptelike boek bekendstelling. Die boek bestaan uit 10 oorsponklike verhale.

Almal is welkom om die bekendstelling by te woon om 10vm by Grey Goose Game Lodge hierdie Saterdag (Februarie 23). Besoek ons webwerf om Rachel Minnaar in aksie te sien. Sy lees n uittreksel van haar boek en speel met haar seun.

LEES OOK: Opkomende skrywer maak eerste boek debuut


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button