Local newsNews

‘n Jubileum van ‘n fees

Baie geluk op 90 jaar, LMS!

Laasweek Woensdag het LMS hul 90ste bestaansjaar gevier!
Die feestelike atmosfeer was aanvoelbaar en aansteeklik onder leerders en personeel.
Die spesiale gaste vir die dag was natuurlik al die leerders van LMS – van die Graad RRe regdeur tot die Graad Sewes.
Die verrigtinge het in die saal afgeskop met ‘n amptelike opening en verwelkoming en daarna het die hoofmeisie- en seun hul bydraes gelewer.
Die LMS koor, onder leiding van Mev C Lombard, het die gaste meegevoer met hul nagtegal-stemme.
Die verhaal van die skool se ontstaan, die eerste Skoolhoof, die eerste skooluniform tot en met waar die skool vandag is, is in die vorm van ‘n skyfievertoning aan die leerders en personeel oorgedra.
Die vorige Skoolhoof, Mnr Kritzinger het ‘n kort telefoniese boodskap deurgestuur om sy gelukwensing aan die skool oor te dra.
Mnr F.S. le Roux, wie 19 jaar Skoolhoof was by LMS, het die leerlinge toegespreek, geïnspireer en vermaak met sy staaltjies omtrent die skool.
Mnr le Roux is ook die vader van die skool se leuse: ‘Werk en Groei’.
Hy was verantwoordelik vir baie van die positiewe veranderinge in LMS se geskiedenis tydens sy tydperk as Skoolhoof.
Die amptelike verrigtinge is afgesluit met die sing van die skoollied en daarna kon die leerders en personeellede buite gaan smul aan ‘n heerlike oranje of groen kolwyntjie.
Baie geluk op 90 jaar, LMS!

ALSO READ: LMS-Leerlinge gryp geleenthede aan

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button