NewsSchools

LMS se sport- en kultuursterre skitter

"Ons kan spog met ons sternetbalspeelster, Minke Mentz, wat as speler van die toernooi aangewys is."

Op 18 en 20 Februarie het die jaarlikse LMS-redenaarsaande plaasgevind.
LMS is baie trots op al die deelnemers, want dit verg moed om voor ‘n paneel beoordelaars te praat.
Baie dankie aan al die ervare beoordelaars wat tyd in hul besige programme ingeruim het. LMS waardeer dit baie.
Die volgende sprekers neem op 3 April aan die eerste uitdunronde by Laerskool Huttenpark in Newcastle deel:
Graad 1-3: 1. Marcus Burger (wenner van hierdie afdeling), 2. Heike Venter, 3. Ané Wagner, 4. Martinette Kirsten.
Graad 4-5: 1. Ivoné Lombard (wenner van hierdie afdeling), 2. Leandri Grobler, 3. Anike van Niekerk, 4. Denise van Wyk.
Graad 6-7: 1. Keagen Keightley (wenner van hierdie afdeling), 2. Wian de Villiers, 3. Jano du Plessis, 4. Leonie Joubert.
Rugbytoernooi: Die rugbymanne het ook verlede Vrydag aan die Spur-toernooi in Newcastle deelgeneem.
Hulle uitslae is as volg:
LMS teen Paulpietersburg II: 31-0.
LMS teen Pongola: 12 -7.
LMS teen Amajuba: 51 -0.
Netbaltoernooi: Verlede Vrydag is die Spur-netbaltoernooi in Newcastle aangebied. Die kompetisie was baie straf, maar LMS se eerstespan het uitstekend gespeel. LMS het teen Arborpark en Aloe Park gewen, maar teen Huttenpark en Egerton verloor. “Ons kan spog met ons sternetbalspeelster, Minke Mentz, wat as speler van die toernooi aangewys is.”

ALSO READ: LMS leerders gee om vir Vryheid kinders

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button