
Hoërskool Pionier was die gasheer van die jaar se SPAR-hokkietoernooi wat op Saterdag (29 Februarie) plaasgevind het.
Baie dankie aan almal wat van die dag ‘n sukses gemaak en aan elke span wat deelgeneem het.
Die eerstespan wen al drie hul poelwedstryde teen Landbou (5-0), Sarel Cilliers (2-0) en Hoërskool Dundee (1-0).
In die semi-finaal speel hulle teen Ferrum en wen 2-0.
In die finaal speel hulle gelykop een elk teen St Dominics waarna hulle die agt-sekonde uitskietronde 3-2 wen.
Baie geluk, Pionier is super trots op julle!
Wintersport teen Hoërskool Ermelo:
Die wintersportseisoen het op 25 Februarie teen Ermelo afgeskop.
Uitslae is soos volg:
Hokkie: o-14A 1-0, o-15A 1-6, o-16A 0-5, tweedespan 4-0, eerstespan 2-5, seunspan 0-5.
Netbal: o-14A 12-17, o-15A 8-21, o-15 gekombineerdespan 1-24, o-16A 22-18, tweedespan 10-12, eerstespan 24-17.
Rugby: o-14A 7-43, o-15A 14-10, o-16A 12-38, tweedespan 14-12, eerstespan 28-12.
PUK16 teen Piet Retief:
Die eerste ronde poelwedstryde vir die PUK16-reeks het op Saterdag in gietende reën en koue begin.
Pionier het na Piet Retief gereis om kragte te meet.
Die uitslae is soos volg:
Hokkie: o-14A 2-1, o-15A 1-2, o-16A 2-3, tweedespan 1-0; die eerstespan se wedstryd het eers op Maandag (2 Maart) plaasgevind (uitslag sal volg).
Netbal: o-14A 20-5, o-15 A 17-13, o-15 gekombineerdespan 7-16, o-16A 16-13, tweedespan 13-25, eerstespan 23-29.
Rugby: o-14A 0-70, o-15A 7-20, o-16A 3-31, tweedespan 5-34, eerstespan 18-24.
Die volgende wedstryd is Donderdag, 5 Maart by Pionier teen Ferrum.
“Kom ondersteun ons spanne!”
Skyfskiet:
Pionier se skuts het Saterdag (29 Februarie) aan Liga 2 te Ferrum deelgeneem.
Baie geluk aan almal wat goed presteer het.
Tydens die prysuitdeling het die volgende skuts medaljes ontvang vir Liga 1: o-16 Sporterklas: Jadon Richter (derde) en Rhyno van Zyl (tweede); o-21 Veerklas: Dominique Coetzee (derde) en Ruan Steenkamp (tweede).
ALSO READ: Pioniers is aan die brand
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






