NewsSchools

Skitterende sprekers stapel trofeë op!

Die senior span, met Christinet Zaal en Dee-Mari Kriel se onvoorbereide onderwerp was niks anders as die onderwerp van die jaar: Is SA gereed vir die coronavirus?

EG Jansen Redenaars:
Op Donderdag, 12 Maart neem ‘n junior- en senior redenaarspan aan die KZN-EG Jansen deel.
Die juniors, met Susan Gregory en Lené Janse van Rensburg se onvoorbereide onderwerp was: Koebaai handboek, hallo tablet.
Die senior span, met Christinet Zaal en Dee-Mari Kriel se onvoorbereide onderwerp was niks anders as die onderwerp van die jaar: Is SA gereed vir die coronavirus?
Beide Pionier se spanne word as die algehele wenners aangewys!
Twee fenominale prestasies!
Daar wag toe egter nóg fantastiese nuus – Christinet Zaal word as die ‘Beste Onvoorbereide Senior Spreker’ aangewys en Susan Gregory word met twéé trofeë vereer: ‘Beste Voorbereide-asook ‘Beste Onvoorbereide Junior Spreker’. “Ons gee staande applous vir hierdie talentvolle en brawe sprekers wat dus vyf van die ses trofeë Pionier toe bring!”
PUK 16 teen Volksrust: Die laaste PUK 16-poelwedstryde het op Saterdag, 14 Maart te Pionier plaasgevind. Die uitslae is as volg:
Netbal: o-14A 22-7, o-15A 19-5, o-16A 54-0, tweedespan 30-3, eerstespan 49-9.
Hokkie: o-14A 0-0, o-15A 0-0, o-16A 3-0, tweedespan 1-0, eerstespan 2-3; die seunshokkiespan verloor 0-7.
Rugby: o-14A 36-22, o-15A 24-28, o-16A 38-14, tweedespan 15-45, eerstespan 35-12.

ALSO READ: Redenaars: Provinsiale prestasie

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button